background31

Exo 15:3  Die HERE is ‘n krygsman; HERE is sy naam.

 

Hier uit die lied van Moses kom ons hierdie geweldige woorde teë, Die Here is ‘n krygsman!

Nie iets wat ons vandag graag wil hoor nie, want ons is geleer: God is alles liefde! God sal nie mense in die hel werp nie! Ons kan maar doen wat ons wil, God sal altyd barmhartig wees oor ons. Hierdie dinge pas ons, maar wanneer ons begin beweeg in die gedagtes van oordeel, oorlog en geweld, dan vat min van ons dit, want dit laat ons ongemaklik voel. 

Is dit sommer maar nou net toevallig dat ons by die lied vind dat die Here ‘n krygsman is? Beslis nie, want net ‘n bietjie verder lees ons in Joshua 5: 13-15:

Jos 5:13  En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ‘n man teenoor hom met ‘n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

Jos 5:14  En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?

Jos 5:15  Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

Hier word direk verwys na die leërowerste van die Here. ‘n Man met ‘n getrekte swaard, gereed om te veg, en Hy verklaar : Ek het nou gekom! Dit klink baie soos iemand wat gereed is om te baklei. In Eksodus 17 sien ons dat die Here oorlog het teen Amalek van geslag tot geslag. Hoe pas ons beeld van ons God hierby aan?

Exo_17:16  En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.

 

Dis nou nie asof ek dinge uit my duim uitsuig nie, hierdie verwysings staan duidelik in die woord van God opgeteken. Hoe sal jy jouself hiermee versoen? En as dit dan vir jou probleme verskaf, wat sal jy maak met die volgende gedeelte:

Jer 51:19  Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam.

Jer 51:20  Jy is vir My ‘n hamer en oorlogswapens; en met jou verbrysel Ek nasies, en met jou verwoes Ek koninkryke.

Jer 51:21  En met jou verbrysel Ek die perd en sy ruiter; en met jou verbrysel Ek die strydwa en die wat daarop ry.

Jer 51:22  En Met jou verbrysel Ek man en vrou; en met jou verbrysel Ek grysaard en seun; en met jou verbrysel Ek die jongman en die jongedogter.

Jer 51:23  En met jou verbrysel Ek die herder en sy trop vee; en met jou verbrysel Ek die landbouer en sy twee osse; en met jou verbrysel Ek goewerneurs en owerstes.

 

Natuurlik is al hierdie dinge ou testamenties. Israel is nou die kerk en almal is lief vir mekaar en almal is broers en susters. As dit jou gedagtegang is, dan dink ek dat ek en jy nie dieselfde bybel lees nie. Want heel eerste lees ek dat God nie verander nie en dit is krities belangrik vir ons dat Hy nie verander nie. Dit maak dat ons kan pyltrek op elke woord wat Hy gesê het. Dis onveranderlik, vas vir ewig

Heb 13:8  Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

 

So hoe moeilik sal dit dan nou wees om te verstaan dat Israel nog steeds belangrik is vir God, so belangrik dat Hy sy enig gebore Seun gegee het om hulle los te koop uit die mag van die duiwel. Jesus het nie gekom vir almal nie, ek weet dat ons dit almal graag wil glo, maar dis nie wat Hy self gesê het nie. Dis nie wat die engel aangekondig het by Sy geboorte nie

Mat 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

En,

Luk 1:30  En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind.

Luk 1:31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

Luk 1:32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,

Luk 1:33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

 

Dit laat my net wonder hoe moeilik kan dit wees om hierdie saak reg te lees. Dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos. Watter volk is dit? Was daar ‘n nuwe testament geskryf ? Nee, net die ou testamentiese boeke was daar, en daar word net van een volk gepraat, en dit is die Israel volk. As jy dan nou jou taal reg lees en verstaan, dan het Hy gekom om Sy volk van hulle sondes te verlos. Lees ons hier enige iets van enige ander nasie?Nee.

In Lukas sien ons dat Hy sal heers as koning oor die huis van Jakob tot in alle ewigheid. Sover ek dit het, bestaan die huis van Jakob net uit 12 stamme van Israel, en niks meer nie. En dit is beslis ook nie net die mensies wat in Israel woon op die stadium nie, dit is nie net vandag se Jode nie. Sonder twyfel is daar van die 12 stamme se mense in Israel vandag maar so ook oor die res van die westerse wêreld en as gevolg van die migrasie van mense sal ons Israeliete kry reg oor die wêreld, in meeste lande, maar die oorgrote meerderheid is in die westerse nasies gesete. Om die res van hierdie skrywe te kan volg moet ons hierdie saak duidelik verstaan. Die blanke westerse volke bestaan hoofsaaklik uit die stamme van Israel.

Maar kom ons keer terug na Jeremia 51 se verklaring. Israel is vir die Here, ‘n hamer en oorlogswapens en met Israel verbrysel hy nasies en verwoes Hy koninkryke. As jy dan nou geen begrip het van wie Israel is nie, sal hierdie verklaring geen sin maak nie. Israel is ‘n fisiese volk wat deur God uitverkies is om Sy werk te doen hier op aarde daarom het Hy ons gemaak: ‘n koninkryk van priesters en ‘n afgesonderde nasie en Israel reg oor die wêreld sit vandag in ‘n groot probleem omdat hulle nie afgesonderd gebly het nie. Soos enige goeie humanis dan vir jou sal sê: Maar wat van die ander volke? Ek wil dit duidelik sê dat die ander volke nie my probleem is nie, Israel is my probleem want ek glo dat die sleutel tot vrede en vooruitgang in die wêreld lê in Israel gesete. As Israel op sy plek kom en doen wat hy veronderstel is om te doen “ en dit is om ‘n lig en ‘n seën vir die volke te wees, sal al die ander volke ook op hulle plek begin kom. Daarom is my saak nie met ander volke nie, maar met Israel.

Ons moet besef dat die verbonde wat God met Israel gemaak het, is ewige verbonde, as ons sê dat deur middel van die nuwe testament, die verbonde nie meer van krag is nie, sê ons baie duidelik dat God verander het, en as dit waar is, dan het ons almal ‘n baie groot probleem want dan bestaan die fondasie van God se woord nie meer nie en word die krag uit die woord van God ontneem. . (Wat hierdie saak betref  is daar baie skrywes oor wie die Israel volk vandag is. Dit is uiters noodsaaklik dat jy jouself daarvan vergewis, want jou lewe hang daarvan af. Lees boeke soos die verlore 10 stamme van Israel en Israel in die nuwe testament om vir jou duidelikheid hieroor te gee).

Israel is ‘n hamer en oorlogswapens in die hand van die Here van die leërskare. Is dit nou sommer maar net gesê om Israel te laat goed voel, of is dit sommer maar net ‘n metaforiese stelling.  Nee, hierdie stelling is ‘n werklikheid en dit behels baie meer as net om ‘n swaard en ‘n spies op te tel en te baklei. Maar kom ons begin dan by hierdie punt en werk van daar af aan. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:

Ons begin by die oorlog wat die Here het teen Amalek van geslag tot geslag:

1Sa 15:2  So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte.

1Sa 15:3  Gaan nou en verslaan Amalek, en julle moet met die banvloek tref alles wat hy het; en jy mag hom nie verskoon nie, maar jy moet om die lewe bring man sowel as vrou, kind en suigling, bees en kleinvee, kameel en esel.

Let ‘n bietjie op of die woorde wat  in Eksodus 17:16 staan nog van krag is. Onthou dat Samuel was die laaste rigter en die eerste profeet. ‘n Hele klompie jare het verloop van dat Moses en die volk uit Egipte opgetrek het tot by hierdie oomblik. Hier gee die Here ‘n opdrag aan Saul om die volk van die Amalek ten volle uit te roei met alles wat hulle het. Dis ook hier waar Saul sy koningskap verloor het as gevolg van ongehoorsaamheid aan God. Hierdie is ‘n baie duidelike fisiese stryd, gaan en roei hulle uit, laat daar niks van hulle oor wees nie. Is Israel ‘n oorlogswapen in die hand van God wat hierdie geval betref? Verseker! Het hulle gedoen wat hulle moes doen, Nee! Vandag pluk ons nog nie wrang vrugte van hierdie ongehoorsaamheid. Amalek is uit die Esau geslag en soos ons lees in die woord van God is daar ‘n ewige stryd tussen Esau en Jakob.

By die intrek in die beloofde land, is aan Israel gesê om al 7 die nasies wat in die land is uit te roei. 7 Nasies wat groter en sterker is as Israel, hier het hulle ook nie die opdrag volvoer en en hierdie nasies het ‘n struikelblok vir Israel geword.

Deu 7:1  As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;

Deu 7:2  en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.

Deu 7:3  Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie—jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie;

Deu 7:4  want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.

Deu 7:5  Maar julle moet met hulle so doen: hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand.

Deu 7:6  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.

Is dit so moeilik om die betekenis te verstaan wat hier geskrywe is? Dit word tog in duidelike taal vir ons gesê. Tref hulle met die banvloek en vernietig hulle. Dis ook nie gedoen nie, en Israel het baie swaar gekry as gevolg hiervan. Hierdie volke het ‘n geweldige struikelblok vir Israel geword en dit gebly tot vandag toe. Dit is die straf van ongehoorsaamheid. Dit is die straf daarvoor as jy die werk net halfpad doen in die fisiese wêreld. Maar kom ons gaan kyk ‘n bietjie na die anderkant van hierdie saak.

Maar as ons dink dat dit al is waaroor dit gaan, mis ons die hele punt. Die fisiese stryd is maar slegs ‘n gedeelte van die werk van Israel. Isael, jy is vir My ‘n hamer, oorlogswapens en nêrens is hierdie oorlogswapens meer magtig as in die geestelike stryd nie.

2 Kronieke 20 beskryf vir ons die eerste van hierdie sake wat ek graag wil aanroer:

2Ch 20:1  En daarna het die kinders van Moab en die kinders van Ammon, en saam met hulle ‘n deel van die Meüniete teen Jósafat gekom om te veg.

2Ch 20:2  Toe hulle kom en aan Jósafat berig bring en sê: Daar kom ‘n groot menigte teen u van anderkant die see, van Edom af, en kyk, hulle is al in Háseson-Tamar—dit is Éngedi—

2Ch 20:3  het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda ‘n vasdag uitgeroep.

2Ch 20:4  En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.

2Ch 20:5  Toe gaan Jósafat in die vergadering van Juda en Jerusalem staan, in die huis van die HERE, voor die nuwe voorhof;

2Ch 20:6  en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.

2Ch 20:7  Het U, onse God, nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdrywe en dit vir altyd aan die nageslag van Abraham, u vriend, gegee nie?

2Ch 20:8  En hulle het daarin gaan woon en daarin vir U ‘n heiligdom tot eer van u Naam gebou, met die gedagte:

2Ch 20:9  As daar oor ons onheil kom—swaard, straf of pes of hongersnood—sal ons voor hierdie huis en voor u aangesig gaan staan; want u Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.

2Ch 20:10  En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en die mense van die gebergte Seïr, onder wie U Israel nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie.

2Ch 20:11  Ja, kyk, hulle vergeld ons dit deur te kom om ons uit u besitting te verdrywe wat U aan ons as ‘n eiendom gegee het.

2Ch 20:12  Onse God, sal U nie teen hulle strafgerig oefen nie? Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie; en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.

2Ch 20:13  En die hele Juda het voor die HERE gestaan, ook hulle kinders, hulle vroue en hulle seuns.

2Ch 20:14  Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jahásiël, die seun van Sagaría, die seun van Benája, die seun van Jeï-el, die seun van Mattánja, die Leviet uit die kinders van Asaf;

2Ch 20:15  en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.

2Ch 20:16  Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die woestyn Jerúel.

2Ch 20:17  Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees.

2Ch 20:18  Toe buig Jósafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die HERE neergeval om die HERE te aanbid.

2Ch 20:19  En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met ‘n baie groot stem te prys.

2Ch 20:20  Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.

2Ch 20:21  En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

2Ch 20:22  En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

2Ch 20:23  Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.

2Ch 20:24  En toe Juda op die wagkop by die woestyn kom en hulle na die menigte kyk, lê hulle daar dood op die grond; en niemand het vrygeraak nie.

2Ch 20:25  Daarop het Jósafat en sy manskappe gekom om die buit in te samel en hulle het by hulle ‘n menigte goed en klere en kosbare voorwerpe gekry, en het soveel vir hulle gebuit dat hulle dit nie kon wegdra nie; en hulle was drie dae lank besig om die buit in te samel, want dit was groot.

2Ch 20:26  En op die vierde dag het hulle in die Lofdal byeengekom, want daar het hulle die HERE geloof; daarom het hulle dié plek Lofdal genoem tot vandag toe.

 

As ons nou mooi oplet sal ons sien dat hierdie slag nie in die vlees geveg is deur Josafat nie, maar dat hy heel eerste in die gees begin optree het. Laat ons dan vir een oomblik hierdie saak van die ander kant af beskou. Wat sou gebeur het indien Josafat besluit het om self op te tree? Die kanse is redelik goed dat Israel vernietig sou word, maar hy het nie. Sou ons dan vir een oomblik dink dat Josafat nie baklei het nie. Net die feit dat hy voor die tempel gaan staan het, dat hy die hele volk bymekaar gebring het saam met hom, dat hy die hele volk se lot op die Here gewerp het, dat hy die beloftes van die Here in herinnering gebring het, net dit alleen was al genoeg om die onsienlike magte van die Here in aksie te bring. Die probleem is nie aangespreek op ‘n fisiese vlak nie, maar daar is na die kern gegaan, daar waar al die dinge ontstaan, in die onsienlike. Dit glo ek is die een belangrike les wat ons hieruit behoort te leer. Vir ons mag dit dalk gelyk het asof hy nie geveg het nie, maar ek glo hy het heel eerste teen homself geveg om homself te onderwerp aan die Here van die leerskare en te erken dat hy en die volk nie instaat is om teen hierdie oormag te veg nie. Josafat het besef dat sy koningskap afhang van die Here self en dat die Here hom daar geplaas het. As koning en heerser oor Israel, het hy homself beroep om hoër gesag, die gesag van die Here self.

Wie sou in elk geval hierdie mense aangehits het om teen Israel op te trek. Doen hulle nie in elk geval die wil van hul vader nie? En net soos wat hy hulle in die onsienlike aanhits om dinge te doen, net so het Josafat besef dat as hy God en ook daardie onheilsmagte herinner aan die die beloftes van God, sal nie net die Here daarop ag gee nie, maar maar die magte van die duisternis sal ook kennis neem van sy saak en dit is baie belangrik, want met die mond belei ons, en met die hart glo ons. Hierdie beleidenis van Josafat het deur die onsienlike gesny soos ‘n mes deur botter, en all die magte in die onsienlike het kennis geneem daarvan, die magte van God, sowel as die magte van die satan. Die Here se beloftes staan vas, want Sy woord staan vas tot in ewigheid, net so het daardie magte geen ander keuse gehad anders as om hulle aandag op die Here te vestig om te sien wat Sy antwoord gaan wees nie. Daarom as ons as gelowiges onse God herinner aan sy beloftes, staan beide die goeie en die slegte magte in die onsienlike stil en vestig hulle hul aandag op die Here om te sien wat Hy gaan doen. Dink logies dat onder sulke omstandighede, dit totaal onmoontlik sal wees vir die Here om nie op te tree nie, want Hy is ‘n waarmaker van sy woord. Dink net vir een oomblik wat die effek sou wees as Hy sy beloftes nie nakom nie, onmiddelik sal Sy integriteit voor die hemelse skares in gedrang kom.

Dit dan is die geveg wat in die onsienlike geveg word. Josafat was erg benoud, net soos ons almal is onder sulke omstandighede. As hy egter nie die beloftes van God in herinnering gebring het nie, sou God se integriteit om redding te gee, nie in gedrang gewees het nie. Daarom word ook gesê dat ons God moet herinner aan sy beloftes.  Dit gesê, behoort ons te besef dat God sy deel sal nakom, as ons, ons deel nakom.

Dit is dan ook op die punt waar ons moet begin besef wat se groot krag daar in ons woorde is. Daarom vermaan die bybel ons om vinnig te wees om te luister en stadig te wees om te praat. Let op die taal van geloof wat deur Josafat gespreek is, eenvoudig en opreg in sy benoudheid.

Daar is egter nog ‘n saak waaraan ons moet aandag gee  in die verband en dit is gehoorsaamheid, getrouheid en toegewydheid aan God. Ons moet besef dat God onder geen verpligting staan om ons te help as ons nie gehoorsaam is aan Sy woord nie. As ons luister na Sy stem en doen wat Hy vra kan ons geheel en al verseker wees dat Hy ook sal doen wat ons vra. Dit is die eenvoudige aard van ons verhouding met God en daar is niks ingewikkelds hieraan nie.

Joh 15:14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

Dit is tog verstommend om te dink dat ons in ons aardse verhoudings ‘n baie hoë prys stel op getrouheid, soos byvoorbeeld in die huwelik. As ek getroud is met iemand, dan word aanvaar dat ek ook getrou sal wees aan daardie persoon en het daardie persoon die reg om die verhouding tot niet te verklaar as ek nie getrou is nie. Dit is die sanksie wat ons plaas op getrouheid. Aan die ander kant sal ek beslis nie met iemand trou as ek daardie persoon nie werklik lief het nie. As bruidskind van God, glo ek word hierdie selfde vereiste ook op ons geplaas, as jy iemand anders meer liefhet as God, kan jy nie die verhouding bekragtig nie. As ons dan hierdie vlak van getrouheid vereis van ons aardse verhoudinge met mense hoeveel te meer moet ons dit nie doen ten opsigte van ons verhouding met die komende bruidegom nie?

Toegewydheid aan jou lewensmaat vereis dat jy daardie persoon in alles sal bystaan, deur dik en dun, in goeie en slegte tye, tot die dood ons skei soos wat ons bely. Dit is ‘n baie groot belofte wat ons aan ‘n ander persoon maak. Net jy en jy alleen! Dis hierdie selfde belofte wat ons aan God ook maak. Maar heelaas maak ons baie vinnig beloftes aan mense, en kom dit dan nie na nie en dit verbrokkel en verbreek verhoudings. Wat dink ons sal ons gebrek aan toegewydheid aan God dan veroorsaak?

Om op te som: God het beloftes gemaak teenoor ons waarop sy integriteit gebou is en ons moenie dink dat hierdie beloftes in die geheim gemaak is nie, dis opgeskrywe in sy woord en elkeen wat daardie woord ken, weet wat daardie beloftes is. Dit is die beloftes wat hy aan sy kinders gemaak het en dit is die een kant van die saak. Die ander kant van die saak is dat ons ook aan God beloftes moet maak, beloftes van gehoorsaamheid, getrouheid en toegewydheid, net soos wat Hy dit aan ons gemaak het.

Hierdie saak word eenvoudig opgesom in Miga 6:8

Mic 6:8  Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

Dit is dan ook nie vir ons onmoontlik om te besef dat as ons nie ons deel doen nie, God onder geen verpligting is om Sy deel te doen nie. Meer nog as dit:

As Hy sy beloftes nakom terwyl ons geheel en al ontrou en ongehoorsaam is,  skep dit een geweldige groot probleem vir Hom, want dan het die satan reg voor God gekry om Hom aan te kla van dubbel standaarde. Ek wil weer klem lê daarop dat wanneer ons bid en die beloftes van God in herinnering bring, dan is die hele hemelse leerskare getuies daarvan en draai hulle almal, die goeies en slegtes hulle na die regsbank van God om te sien wat sy beslissing is.

Nou behoort ons ook te begin besef hoekom Jesus se kruisdood so ‘n groot saak is in die hemel en op aarde want dit ontbreek die mens aan die heerlikheid van God. Sonder genade is ons almal gedoem en ons het die mens Jesus Christus wat vir ons intree voor God om daardie genade af te pleit. Jesus is ons advokaat voor God, sonder sy intrede het ons geen kans nie en sal ons die weg van die satan volg, weg van die heerlikheid van God af. Maar Jesus se geregtigheid staan tussen ons en die duisternis.

Terwyl hierdie saak aan my geopenbaar is deur die genade van God, het ek begin besef  hoe geweldig groot die stryd in die hemel werklik is, en daarmee wil ek glad nie sê dat ek die totale omvang daarvan besef nie, maar dit het vir my begin duidelik word hoekom sekere dinge plaasvind.

Kom ons kom nou terug na Josafat en probeer ‘n beeld vorm van wat presies in die onsienlike gebeur het. Josafat word beskryf as ‘n koning wat God ge-eer het. Jy kan dit sien in die manier waarop hy altyd na God toe gegaan het met beslissings oor sake om te bepaal wat God se wil is. Dus, toe hierdie groot probleem ontstaan het, kon hy met vrymoedigheid voor God gaan staan en vra vir hulp. Hy het nie toe skielik besluit: O, gaats, nou moet ek my bekeer, sodat God kan help nie. Eenvoudig gestel, hy het toe alreeds ‘n verhouding met God gehad. Dit is baie belangrik om dit te besef. Dis dan ook op grond van hierdie verhouding dat God kon intree en ‘n regverdige beslissing maak op grond van sy eie beloftes, op so ‘n manier dat niemand ‘n vinger na Hom kon wys nie. God se integriteit sou nie in gedrang kom deur Josafat te help nie.

Vra dan jouself af: Sal God se integriteit in gedrang kom as Hy jou uit een of ander groot probleem uit help, op grond van jou gehoorsaamheid, getrouheid en toegewydheid? Wees eerlik met jouself en dan sal jy begin besef hoekom jy en ek nie die antwoorde vind waarna ons so hard soek nie.

Ek wil na nog 2 sake kortliks verwys voor ek aan beweeg: Die eerste in die verband is die saak van Elisa en Gehasi, waar Elisa vir God gevra het om Gehasi se oë te open sodat hy in die onsienlike kon insien en werklik sien wat aan die gang is. Dink hieroor na, dis onsienlike dinge wat geopenbaar word deur getroue manne van God wat ‘n persoonlike verhouding met hom gehad het. Elisa en Elia was beide manne wat direk vir die Here kon vra om dinge te doen, en dit het gebeur. Wat hierdie saak van Elisa betref het  Elisa net vir die leerowerste van Israel gevra om die vyandige magte met blindheid te slaan. Hierdie stryd is gewen in die onsienlike realm nog voor daar enige fisiese wapens opgetel is om enige iets te doen.

Terwyl ons daarby is, dink net aan die val van die mure van Jerigo.  Vir 7 dae is die stryd in die gees gevoer en toe stort die mure van Jerigo ineen. Dit is baie waar dat in hierdie geval die volk elke dag gereed gemaak het vir oorlog en dan net eenvoudig om die stad gestap het. Hoe het die mure van Jerigo ineen gestort, is dit nie deur die hand van die leerowerste van die Here wat nou gekom het nie, en was dit nie sy opdrag dat hulle elke dag om die stad moes stap nie?

Maar kom ons beweeg ook aan na Jehiskia se storie in 2 Kronieke 32 en die effek van wat gebeur het in 2 Konings 19:35:

Sanherib se uitdaging was duidelik, maar meer nog het hy die Here van die leërskare gesmaad en allerhande dinge toegevoeg wat Hiskia voor God gaan neerlê het. Weereens moet ons besef dat die bewustelike besluit om die saak aan die Here te oorhandig gegrond is in ‘n persoonlike verhouding met God. Agab het ook probeer om die Here te raadpleeg maar dit net gedoen op grond van sy eie behoeftes en begeerstes en het nooit belang gestel in die eer van God of reg en geregtigheid nie. Die waarheid het hom nie aangestaan nie, sy eiesinnigheid en self belang was sy ondergang. Hiskia daarenteen het toe hy aan bewind gekom het, die tempel herstel, tempeldiens herstel en ‘n ereplek aan die Here gegee. Hy het weer die paasfees ingestel en gedoen wat reg was in die oë van die Here. Dit sê nie dat hy volmaak was nie, maar eerder dat hy ‘n bewuste poging aangewend het  om te doen wat reg is in die oë van die Here. Daarom dan is sy saak verhoor tot so ‘n mate dat die engel van die Here 185 000 man in een nag doodgeslaan het en die mag van Sanherib geheel en al gebreek het. Maar die hele sak het begin by een man, die koning wat bereid was om gehoorsaam te wees aan God.

Kan ons dan nou opreg sê dat die Here is werklik ‘n krygsman. Ek dink so! Hoewel die nuwe testament praat van ‘n nederige koning van Israel, was Jesus beslis nie ‘n papbroek nie, Sy dood aan die kruis is voldoende bewys daarvan. Jesus se lewe is egter ‘n toonbeeld van ‘n man wat in die onsienlike gestry het, en dit is waarna ons volgende fokuspunt skuif.

Was Jesus ‘n krygsman?

Ek glo ‘n hele paar mense sal ‘n baie duidelike “nee” antwoord gee op hierdie vraag, maar die waarheid is, Jesus was en is steeds die grootste krygsman wat ooit geleef het. As jy kyk na die fisiese wêreld sal jy dit glad nie kan verstaan nie. Jesus het nooit ‘n wapen opgetel om te baklei nie en tog het bose geeste uit geskreeu as hulle Hom sien.

Dink hieroor na, hoeveel maal het die Fariseërs en skrifgeleerdes hom probeer gevange neem en kon dit nie een keer regkry totdat Hy sy werk voltooi het nie. Hierdie is tog ‘n baie fisiese saak, jy woord gevange geneem, jy word geboei en voor regters en oudstes en wie ookal gebring. Maar eers toe Sy werk voltooi is, kon hulle dit doen.

Ja, dit is waar dat HY nie soos die Leerowerste van Israel verskyn het, met ‘n getrekte swaard nie. Dit is waar dat Hy nie met die geweld van die swaard, die Romeinse wêreld ingevaar het nie. Maar Hy het die wêreld ingevaar met veel meer gevaarlike wapens as wat ‘n swaard, ‘n spies en ‘n lans ooit kon wees.

Vele male het mense terug gestaan van sy werke af en gesê dat so iets nog nooit in Israel gebeur het nie. Wat Hy gedoen het, was nuut, onbekend, anders! Die wapens wat Hy gebruik het was onbekend, selfs vandag nog verstaan die meeste van ons hierdie dinge nie en glo nie eens dat dit kan moontlik wees nie. Maar dit het gebeur.

Jesus was ‘n krygsman met wapens wat mense vertom gelaat het, wat bose geeste vreesbevange gemaak het, wapens so kragtig dat dit oor die dood self geheers het, en Hy het hierdie wapens hanteer met meer vaardigheid as enige baasvegter.

Jesus in sy omwandelinge op aarde was meer as ‘n krygsman, Hy was diè krygsman, die meester, die een wat die vaardigheid kom ten toonstel het en wat vir die van ons wat daartoe geroep is, kom wys het hoe om hierdie wapens te aktiveer en te gebruik. Hierdie wapens, so kragtig, dit het geen gelyke op aarde nie.

Ek glo dat soos wat Josua vir die Leerowerste van Israel sien staan het met ‘n gestrekte swaard, ons, as ons in die onsienlike kon insien, on vir Jesus sou sien met met getrekte geestelike wapens wat ons monde sou laat oophang het. Die mense kon dit in Sy tyd nie sien nie, maar die effekte daarvan was so duidelik sigbaar in ons fisiese wêreld dat dit die mense verstom gelaat het.

Afsluiting:

Daar is egter ‘n paar dinge waarna ons moet oplet. Jesus het nie gekom om aan ons te toon hoe kragtig Hy is nie. Hy het gekom om ons te leer hoe kragtig ons in Hom kan wees. Sou ons ooit kon dink dat iets soos liefde ‘n wapen kan wees waarmee jy die vyand kan verslaan? Ek dink nie so nie. En tog het Hy dit vir ons kom toon. Sou ons ooit kon dink dat deur die aanwending van geloof in God en in die werk wat Jesus kom doen het, ons letterlik berge sal kan versit?

Jesus het vir ons kom wys hoe om die geestelike wapens te gebruik wat tot ons beskikking is as kinders van God. Die groot problem waarmee ons sit, is dit: Ons glo nie werklik dat daar ‘n groot geestelike stryd aan die gang is nie, of as ons dit glo, dan dink ons dit is vir iemand anders bedoel. Baie min van ons is bereid om hierdie geestelike stryd aan te vat, soos wat Jesus dit gedoen het. Elkeen van ons moet ‘n keuse maak.

 

 

 

 

066960
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
236
284
1753
61505
6434
8529
66960

Your IP: 54.196.13.210
2018-09-21 10:44