background31

Daar skyn ’n Lig in my hart vandag

Verban die vrees van die nag

Dis die vreugde wat my siel verlig

Op vlerke van die Gees

‘n Blye dag wat geboorte skenk

Die sagte woord van onse God

Vol van krag vir elke dag

‘n liefdeswoord in my hart

In die hand van God-gerus

Vir elkeen wat dit vind.

Dis hier vir ons om nou te vind

‘n plek van vreugde --- rus

 

Kom open jou hart

Reik uit na God

Glo in Sy krag

Nou in hierdie plek

Hier waar ons is.

Dis nou ons Tyd.

 

Dis die skuilplek van ons God

Vir elkeen wat Syne is.

Dit het ‘n naam

Maar dit het geen prys

Dit word genoem: Vader huis.

Ons strek ons uit na die troon van God

Na die ewigheid van Sy lig

Vir altyd weet ons wie ons is

Vir altyd in Sy huis.

 

Kom open jou hart

Reik uit na God

Glo in Sy krag

Nou in hierdie plek

Hier waar ons is.

Dis nou ons Tyd.

 

Daar skyn ’n lig in my hart vandag

verban die vrees van die nag

Dis die vreugde wat my siel verlig

Op vlerke van die Gees.

014927
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
28
191
660
12655
1453
2019
14927

Your IP: 54.92.201.232
2017-12-16 01:38