background31

Ons sal lewe, ons sal sterwe...

Baie jare gelede, toe ek nog op skool was het ons elke week die “Stem” gesing. Ons het op aandag gestaan, ons skouers terug getrek en gesing, min het ons besef dat daar ‘n tyd in ons geskiedenis gaan kom wat hierdie woorde wat ons met soveel oorgawe gesing het – wel party van ons in elk geval; waar gaan word en daardie woorde ons op ‘n knop gaan jaag.

“Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika. “

Wat is ons weklik bereid om te offer vir die land? Ons was nie bereid om op te offer vir ons God nie, hoekom sal ons bereid wees om enige iets op te offer vir die land. As jy iets sal offer, miskien jou besittings, met moeite – maar gewis nie jou lewe nie.

Soveel van ons mense het letterlik alreeds land uit gevlug. Ek is seker van hierdie mense het ook die volkslied gesing op skool. Maar duidelik was dit maar net nog ‘n lied gewees. 15 000 Boere wil Rusland toe, hoeveel ander het alreeds getrek na ander lande regoor die wêreld. Ons sal lewe, maar ons sal nie vir jou sterwe Suid Afrika. Dit is te veel gevra, solank ons dit sing is dit nie ‘n probleem nie. Wanneer ons dit moet begin doen. Wel dan soek ons liewer ‘n ander uitweg.

Hoeveel blankes is alreeds vermoor, op plase sowel as in stede? Het hulle alreeds gesterwe vir Suid Afrika, of was hulle maar net ongelukkig, die teikens van wettelose mense. Roep hulle bloed vanuit die aarde tot God?

Neem ek die mense kwalik? Nee, nie regtig nie. Elkeen sal doen soos wat sy gewete hom dryf. Stem ek saam met hulle – “ Nee, glad nie!” Sovele van ons mense sit vandag in plakkerskampe. Wat is die verskoning daarvoor? Wel die algemene gedagte is, dat hierdie mense te lui is om te werk. Maar is dit regtig die waarheid? Ek dink beslis nie so nie. Daar sal sekerlik diegene wees wat te lui is om te werk, dit is altyd so, maar ek glo dat ‘n groot meerderheid van hulle net alreeds vas gehardloop het in die realiteit van ‘n nuwe Suid Afrika.

Die res van ons is letterlik net een ooblik weg van daardie situasie af. Maar ons glo dit nie. Vir ons is alles nog wel, tot grond besetting plaasvind, of tot jou huis oorgeneem word. Maar solank dit my nie raak nie, is ek apaties daaroor. Ja, ek het meegevoel met die slagoffers, ten minste vir ‘n minuut of 3, en daan gaan my lewe weer aan. Ek en jy is net so verantwoordelik vir die bloed wat vloei in die land, soos wat die ou is wat dit doen. Wanneer jy ongeregtigheid toelaat, dan is ons medepligtig daaraan.

Ek het al meer as een keer gesê dat ons nooit bereid was om te staan vir wat reg is nie, daarom sal ons val vir al die verkeerde redes.

Ons dink die buiteland sal help. Ek is jammer om dit te sê: Die buiteland (met ander woorde die westerse wêreld) is ook onder geweldige aanslag. Hoe sal hulle ons help? Hulle sukkel net om hulself gehelp te kry op die stadium. Ek het baie waardering vir die feit dat die buiteland bewus gemaak word van ons probleme, maar dit is waar dit gaan bly. Net ‘n bewusmaking, niks meer nie.

So wat is die antwoord? As ek dit geweet het, sou ek sekerlik ‘n baie invloedryke mens gewees het. Dit is my beskeie opinie op die stadium van die geveg: Blanke Suid-Afrika het ‘n leier nodig en dit nie sommer enige leier nie, in bybelse taal het blanke Suid Afrika ‘n rigter nodig. Ek weet baie mense sal met my stry, maar die antwoord lê lankal nie meer in die politiek nie. Die antwoord is in geloof en ‘n rigter is nodig, een soos wat Gideon of Simson was, Jefta of Debora. Op die stadium is dit die absolute minimum wat ons nodig het, wel ‘n profeet sal ook help maar ek moet eerlik sê dat ek dink die rigter is die een wat nou nodig is.

Baie mense sê dat Jesus alles sal kom regmaak en ek glo dit, maar ek glo ook dat aan Hom behoort die laaste stryd en ons is nog nie naby die laaste stryd nie. Tot dan toe het ons ‘n rigter nodig wat weet wat die wil van God is en daarvolgens kan optree. ‘n Persoon wat tussen die blanke volk en die Here kan staan en rigting kan uitwys volgens die wil van God. Dis net deur die Gees van God wat ons hierdie situasie sal kan hanteer, geen ander manier nie.

‘n Rigter is nie iemand wat preek nie. Dis iemand wat doen. Ons is voos gepreek, of moet ek eerder sê – ons is voos belieg deur sogenaamde godsmanne wat die skyn van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het.

Sal jy bereid wees om ‘n rigter te volg? As jy hierdie vraag positief kan antwoord, het ons nog hoop, as jy dit nie kan doen nie, stel ek voor jy verlaat die land so vinnig as moontlik.

Bloed sal vloei in die land – daar is geen manier wat ons dit sal kan vermy nie. Ons medepligtigheid aan die onskuldige bloed wat alreeds vergiet is, vereis goddelike geregtigheid. Of weet jy nie dat God ‘n wreker is van onskuldige bloed nie? Kyk na jou hande, jy wat maak asof jy geen skuld het nie en sien die bloed daaraan. Jy het niks gedoen om dit te verhoed nie – daarom is jy skuldig daaraan.

Die enigste vraag wat oorbly is:

Gaan ons veg vir wat reg is of nie? Die antwoord is alreeds in bloed geskrywe.

7 Augustus 2018.

072245
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
142
179
321
69385
3348
8371
72245

Your IP: 54.166.130.157
2018-10-15 09:45