background31

Na baie wik en weeg het ek besluit om te begin skryf oor my geliefde land Suid Afrika. Ek dink dat dit tyd geword het vir die blanke in Suid Afrika om te besef dat ons werklik 'n baie groot probleem het. Ons is in 'n tyd van geweldige veranderinge in die wêreld en so ook in Suid Afrika. Die wêreld veranderinge is van so 'n aard dat dit die boere volk in die land geheel en al gaan isoleer en dit is dus noodsaaklik dat ons dit moet begin besef. Ek weet dat baie mense en selfs 'n land hier en daar bereid is om blankes in te neem, dat hulle bewus is van ons probleem en dat mense Lauren Southern en Katie Hopkins baie goeie werk gedoen het en steeds doen om ons saak aan die wêreld bekend te stel.

Op die stadium moet ons egter besef dat hierdie bewusmakings veldtog net dit is - 'n bewusmakings veldtog. Die kanse dat enige konkrete hulp, behalwe verbale hulp na ons kant toe sal kom van die wêreld gemeenskap af is baie skraal en hoe vinniger ons dit begin besef, hoe vinniger sal ons begin om ons fokus te verander na die selfhelp karretjie toe. Daar is vele mense wat oorsee gaan om petisies en klagstate voor die VN te gaan lê. ek is jammer mense, maar dit sal nie werk nie. Hoe vinniger ons besef in die land dat die blanke volk "expendable" is, hoe vinniger sal ons begin om onselwers voor te berei om vir ons eie regte te veg,

Die instroming van Moslems en ander Afrika volke in Europa in, het alreeds die bevolkings demografie van baie lande intens begin verander. Amerika sit met dieselfde probleem. Die invloei van mense in die die VSA in, is besig om die land geheel en al te verander. Ons moet besef dat hierdie mense nie belangstel om te integreer in die bestaande sosiale strukture nie. Hulle kom na die lande toe en stel hul eie sosiale strukture op wat meeste van dei tyd lynreg teen die bestaande strukture is. Vir die van julle wat glo dat 'n multi kulturele samelewing kan werk, wil ek dit nou baie duidleik sê: "Vergeet dit. Dit sal nooit werk nie."

Met die verkiesing van die nuwe president van die ANC het vele blanke mense onder die indruk gekom dat dinge sal verbeter. Laat my woorde dan vandag betekenis hê: "Dat sal nie verbeter nie, inteendeel, Suid-Afrka het nou nog meer gevaarlik geword vir die blankes. " Baie mense het die man gesien as 'n hoop vir die blankes, 'n tipe van 'n redder. Dit sal ook nie wees nie. Ek sal nog veel hieroor sê in opvolgende artikels, maar vir eers is dit genoeg.

Ek het groot geword in 'n huis waar hierdie woorde op die wapenskild van Suid Afrika geskryf gestaan het: "Eendrag maak mag." - ( Ex Unitate Vires - In Unity Strength). Dit is die kern van my boodskap wat ek vir die boerevolk van Suid Afrika wil bring. Maar vandag is daar baie meer tot dit as net 'n generiese terme wat sê: "Eendrag maak mag". Nee wat daar is 'n meer tot die saak as wat op die ou SA wapenskild geskryf was.

Rom_15:5  En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om eensgesind onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus,

 

037545
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
210
259
1927
33506
3847
6141
37545

Your IP: 54.158.219.248
2018-05-20 15:47