background31

Soveel mense het al vir my gesê oor die jare dat "God alles net Liefde is". Ek moet erken, dat hoewel ek glo dat ons 'n liefdevolle God het, dit vir my 'n baie eensydige beeld van God is. So amper asof ons net raaksien wat ons wil raaksien en niks meer nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek probeer nie sê dat God nie liefde is nie. Maar op 'n paar plekke in die bybel het Hy gesê dat Hy 'n jaloerse God is. Op ander plekke maak Hy oorlog. So hoe pas dit in by 'n alles liefdevolle God?

Ek het besluit om te gaan kyk na 2 dinge om die saak vir my in perspektief te probeer kry. Hoe staan liefde in verband met reg en geregtigheid want ek glo dat ons 'n absolute regverdige God het. So glo ek ook dat reg en geregtigheid 'n baie hoë prioriteit by God is.

  1. Die woord liefde kom in 161 verse voor in die bybel.
  2. Die woord reg kom in 373 verse voor in die bybel;
  3. en die woord geregtigheid in 305 verse.

Wel miskien beteken dit iets, miskien beteken dit niks maar vir my egter is daar groot betekenis hierin. Ek besef dat hierdie miskien 'n baie eenvoudige manier is om daarna te kyk, en tog as Jesus die woord is wat lewend geword het en onder ons kom woon het, dan behoort ons dit in Sy lewe te kan waarneem. Ek glo ook ons doen. Baie mense hou daarvan om Jesus voor te stel as 'n regte ou "softy", maar as jy eerlik met jouself wil wees, was Hy dit beslis nie. Lees weer die 4 evangelies en kyk wat hy vir sommige mense gesê het. So het Jesus byvoorbeeld vir sommige mense gesê dat hulle nie sy kinders is nie, maar kinders van die duiwel is. Het Hy hulle dan beledig, of het hy net die waarheid gepraat? Dink daaroor na.

Kyk 'n bietjie of jy hierdie 3 terme vir jouself in verband met mekaar kan bring.

(Ek gebruik nog die 1933/53 vertaling van die Afrikaanse Bybel en E-Sword)

 

055911
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
110
219
768
51857
3914
5402
55911

Your IP: 54.80.87.62
2018-08-15 09:50