background31

Uit die aard van my werk gesels ek met baie kinders en dit is vir my absoluut skokkend om uit te vind hoe min hulle weet van wat werklik in die woord van God geskryf staan.God se volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis, en dis baie duidelik sigbaar vandag.

 

Baie van die kinders sê vir my: "Ons is nie baie godsdienstig nie." Ek is nie seker wat dit beteken nie. Blykbaar staan dit in verband met - of jy kerk toe gaan of nie? Ek het nog nooit my geloofslewe gekoppel aan hoeveel kere ek in 'n kerk sit nie. As dit die standaard is, is ek diep in die moeilikheid. Maar ek dink nie dis God se standaard nie.

Die algemene redenasie hier is dat die bybel deur mense vertaal word, en nog vertaal word en nog meer vertaal word. Hoe sal 'n mens oor tyd dan werklik nog weet wat die waarheid is, ten minste volgens die bybel. Ons moet altyd besef dat wanneer jy met die woord van God te doen het, jy nie net met 1 getuie te doen het nie, maar met 2.

Bygesê, dis nou as jy 'n eerlike en opregte bybel student is en dit is hier waar die probleem begin.

Mense lees die bybel en probeer dit op 'n redelike manier verstaan, wat baie moontlik is want ons het ook 'n redelike godsdiens; maar as dit die enigste manier is wat jy gebruik, gaan jy baie vinnig in 'n baie groot probleem vashardloop. In die mond van 2 of 3 getuies sal 'n saak vasstaan. Ons weet dit almal, dis nie nuus nie. Maar nou het ons met die woord van God te doen, dis ons eerste getuie, en baie van ons stop die saak voor ons by die tweede getuie uitkom. Dit is die Gees van God. Jy het beide die getuies nodig om werklik te verstaan wat aangaan. Verkeerde vertalings, opstelike foute en sulke dinge sluip in, dit is waar, maar dis waar die Gees van God in werking kom om jou te lei in alle waarheid. Jesus het dit self gesê aan sy dissipels. Die Heilige Gees sal julle in alle waarheid lei, en van my (Jesus) getuig.

Nou gaan ek weereens op tone trap, maar hier kom dit:  As ek die ding reg verstaan is 'n goeie getuie, die oog getuie. Jy kan nie in 'n hof getuig as 'n oog getuie as jy nie die ding sien gebeur het nie. So sê baie mense vandag dat hulle getuies van Jesus is. Hulle getuig van Sy kruisdood en sy opstanding. Maar dit het 2000 jaar terug plaas gevind. Hoe kan hulle so iets sê? Tensy hulle oor die 2000jaar oud is. Hoe kan jy dan 'n getuie wees in die saak. Wel, dis relatief eenvoudig.

Jy is nie die getuie nie, maar die Gees van God in jou is die getuie van wat op Golgota en daarna gebeur het. Die Gees van God was daar, jy was nie. Met ander woorde, sonder die Gees van God, is jou getuienis van geen waarde nie. Ek beskou dit so: Die geskrewe woord leer jou wie jou God is, dis die kennis wat jy moet bekom, die Gees van God maak daardie kennis lewendig in jou hart, sodat jy die bedoeling van God  kan verstaan.

Dit is my eerlike opinie dat jy beide hierdie 2 getuies nodig he ander het jy 'n ernstige tekort in jou verdediging en sal die hof jou getuienis nie aanvaar nie.

Dink daaroor na!

055913
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
112
219
770
51857
3916
5402
55913

Your IP: 54.80.87.62
2018-08-15 09:51