background31

Maart 2013. Een aand het ek wakker geword met die woorde in my mond. 30 Dae voor chaos begin. Wat beteken dit? Waar kom dit vandaan en het dit gebeur? Wel 2012 was veronderstel om die einde van die wêreld te wees en op daardie stadium het baie van ons gewonder of dinge regtig slegter kan gaan. Nou meer as 5 jaar later het die woorde na my toe terug gekom. Op daardie stadium het ek nie gedink dat dinge baie slegter kan gaan nie. Mensig, was ek verkeerd!

Sedertdien het soveel dinge verander en versleg dat hier waar ek nou sit, ek nie kan help om te wonder hoeveel slegter dit nog kan word nie. Ek het aanvaar dat die 30 dae ding begin het toe ek wakker geword het, eenvoudig net omdat ek geen ander verwysing gehad het nie. Later het ek gewonder of ek my nie maar net verbeel het nie. 5 Jaar het verby gegaan - wat is chaos, in terme van hierdie woorde?

As choas toe begin het, beteken dit beslis nie dat dit al ge-eindig het nie. Met ander woorde die proses is nog aan die gang. Ek moet erken, die choas idee staan my nou regtig nie baie aan nie, maar dis nou nie asof ons regtig 'n opsie het nie. Dis nie asof daar vir my gesê is: Kies een van die volgende: In die hand het ek chaos en in die ander hand het ek vrede en voorspoed. Wat kies jy?  Dit sou 'n relatiewe maklike keuse gewees het, maar nee, daar is net 'n duidelike stelling gemaak: 30 Dae voor chaos begin.

As ons dan nou terug kyk oor die afgelope klompie jare is dit glad nie moeilik om te sien hoe dinge versleg het nie en ek probeer nie onnodig negatief wees nie maar 'n mens moet nogal regtig blind wees om dit nie te kan sien nie.

My groot probleem is: As chaos 5 jaar terug begin het, het dit ook nog nie ge-eindig nie - hoe ver gaan dit gaan? Ek het 'n nare gevoel dat ons nog nie naby die einde daarvan is nie en dit is 'n baie skrikwekkende gedagte.

Ek wil darem ook bysê: Ek dink daar was 'n hele hoop chaos in die wêreld voor 2013 - voor hierdie woorde. Ek dink ook in die tyd het iets gebeur wat hierdie waarskuwing tot gevolg gehad het. Wat die gebeurtenis is, dit kon ek nog nie uitgewerk kry nie.

Ek reken ons sal maar moet wag en kyk.

055932
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
131
219
789
51857
3935
5402
55932

Your IP: 54.80.87.62
2018-08-15 09:52