background31

Hier is nou 'n ding wat ek nie so lekker kan kleinkry nie. Miskien kan iemand my help hiermee.

Dit is offisiële webblad van die "sovereign State of Good Hope". Blykbaar het die Koisan koning verlede jaar die proses begin om die Kaap provinsie af te stig van die res van Suid Afrika af. Daar is ook nie heelwat gesê daaroor nie.

Toe ek so rukkie terug hiervan te hore gekom het, het ek regtig gedink dat dit 'n grap is. Hier is die link tot die youtube video : Koisan Koning

Het hy wetlike grond om op te staan?  Dit het nou natuurlik alles met die onteiening van grond te doen, sonder vergoeding. Die Koisan en Zulu konings was nie heeltemal beindruk met die idee nie. Blykbaar het hy. Prof Nagan

Dit laat my met 'n baie interessante probleem. As die Kaap dan nou nie meer deel is van Suid-Afrika nie en die blankes wil vlug oor die groot rivier, wanneer dinge regtig begin skeef loop, sal dit dan nie maar beter wees om "asylum" te vra by die nuwe land as om net dood eenvoudig oor hulle grens te vlug nie. Is ons dan nie ook nou besig om 'n ander persoon se grond gebied te betree nie? Eenvoudig gestel, het ons die reg om ongenooid die grond gebied van die Koisan te betree?

 

055951
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
150
219
808
51857
3954
5402
55951

Your IP: 54.80.87.62
2018-08-15 09:53