background31

Broodkrummels

Die 2 Getuies

Uit die aard van my werk gesels ek met baie kinders en dit is vir my absoluut skokkend om uit te vind hoe min hulle weet van wat werklik in die woord van God geskryf staan.God se volk gaan ten gronde weens 'n gebrek aan kennis, en dis baie duidelik sigbaar vandag.

Read more: Die 2 Getuies

Alles Liefde

Soveel mense het al vir my gesê oor die jare dat "God alles net Liefde is". Ek moet erken, dat hoewel ek glo dat ons 'n liefdevolle God het, dit vir my 'n baie eensydige beeld van God is. So amper asof ons net raaksien wat ons wil raaksien en niks meer nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek probeer nie sê dat God nie liefde is nie. Maar op 'n paar plekke in die bybel het Hy gesê dat Hy 'n jaloerse God is. Op ander plekke maak Hy oorlog. So hoe pas dit in by 'n alles liefdevolle God?

Read more: Alles Liefde

Geslags verandering

Hierdie is sekerlik vandag iets wat baie kopkrap veroorsaak. So wat gebeur nou uit 'n bybelse oogpunt as 'n man besluit om 'n vrou te word. Dis nou die hele hormoon terapie ding en dan die sjirurgie op die einde daarvan. Is dit iets wat ons met die bybel se wette kan vereenselwig?

Read more: Geslags verandering

Vermenging

Deu 23:2  Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.

Ek besef dat ding baie kontroversieel is en dit is glad nie my bedoeling om mense met gemenge herkoms op enige manier te verneder nie, of om hulle sleg te maak of so iets nie. Ek kyk na die stelling uit die oogpunt van wat die wet van die Here sê. Ek weet ook dat baie mense sê dat ons nou in die Nuwe Testamentiese tyd leef en dat alles onder genade val en dat die wette van die Here nie meer bestaan nie. Maar as ons dan vir 'n oomblik kyk na die vraag asof die wet nog bestaan soos in die Ou Testament, hoe moet ons dit interpreteer?

Read more: Vermenging

Aggresiewe Christene

Een ding wat ek oor tyd agter gekom het, en dit het my baie jare geneem om daar uit te kom is dat mense wat onseker van hulself is, altyd op die aanval is, want hulle wil hul standpunt teen almal verdedig.  So byvoorbeeld het ek my vasgeloop op 'n stadium in wat ons noem die  "Name-mense". Dit het nou alles te doen met die "heilige name van God". Hierdie mense is baie aggressief en as jy nie die "regte" name volgens hulle gebruik nie, dan is jy 'n afgodsdienaar. Ek weet nie of almal van hulle so is nie, maar die waarmee ek te doen gekry het, hulle was beslis baie moeilik hieroor.

Read more: Aggresiewe Christene

More Articles ...

  1. Broodkrummels
055931
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
130
219
788
51857
3934
5402
55931

Your IP: 54.80.87.62
2018-08-15 09:52