background31

Ek dink dat dit baie balangrik is dat ons vir mekaar ‘n paar dinge sê voor ons aangaan.

Die bedoeling van die webblad is nie om enige persoon te evangeliseer nie. Ek gaan van die standpunt uit dat jy alreeds deur daardie proses is. Dat daar berou en bekering was, dat daar ‘n persoonlike ontmoeting met God plaasgevind het. Dat jy alreeds deur die doopbad gegaan het. Daar is genoegsame inligting beskikbaar oor hierdie dinge sodat ek nie nog meer daaroor hoef te sê nie. Terwyl dit belangrik is om die evangelie te verkondig en om mense in die proses te kry, is dit ook nie die doel van hierdie webblad nie.

Hierdie webblad is bedoel om jou op die pad te plaas om werklik iets te beteken vir die koninkryk van God. Ek wil deur persoonlike getuienis en ervaring, deur dit wat ek geleer het in tyd, vir al die lesers ‘n pad aanwys oor hoe om die goeie stryd te stry en die geloof te behou.

Almal sê alewig vir ‘n mens: “Jy moet die goeie stryd stry”. Maar wat beteken dit vir die ware kind van Christus om dit te doen en hoe stry ‘n mens die goeie stryd van die geloof? Is dit om uit te gaan en ander te gaan help? Is dit om voorsiening te maak vir die armes, en die ou mense te versorg? Is dit om na wese om te sien en weduwees se tegsaak te verdedig. Wat is hierdie goeie stryd? Ek glo dat dit al hieride dinge insluit en nog baie meer. Terwyl die goed waarvan ek hier gaan praat vir almal beskikbaar is, is dit ook so dat nie almal dit sal vat nie. Dit is jou keuse hoe ver jy gaan beweeg op die weg.

Die kernpunt is: wat is die begin van die evangelie? Dit word vir ons baie duidelik uitgespel in Hebreers.

Heb 6:1  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,

Heb 6:2  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.

Heb 6:3  En dit sal ons doen as God dit toelaat.

 

Ons beter baie mooi oplet wat hier geskryf staan;  die begin van die prediking is dievolgende:

  1. Die fondament van bekering uit dooie werke;
  2. Die leer van die doop,
  3. Handoplegging,
  4. Opstanding uit die dode,
  5. Ewige oordeel.

Hierdie 5 punte word beskou as die begin van die prediking aangaande Christus. Let wel, dis net die begin. Daar word onmiddelik bygevoeg dat ons moet voortgaan na volmaaktheid. Ek dink dat wat hier ‘n bietjie van ‘n skok is, is die feit dat handoplegging ook beskou word as die begin van die evangelie.

Die vraag is nou: Hoekom doen ons handoplegging? Wel daar is ‘n paar redes, kom ons kyk na daardie redes:

  1. Handoplegging word gedoen om iemand te seën. Hierdie saak kan terug gevoer word na ons aartsvaders toe, waar ond duidelik kan sien dat Isak byvoorbeeld vir Jakob en Esau die hande opgelê het, oor daarna waar Jakob dieselfde gedoen het met  die seuns van Josef, en daarna sy ander seuns. In die nuwe testament het Jesus sy hande op die kindertjies gelê en hulle geseën.  Ons moet besef dat met dieselfde hande waarmee jy jou kinders tugtig, met daardie selfde hande behoort jy hulle ook te seën in die naam van die Here.
  2. Handoplegging word gedoen tydens genesing en in die gemeente gaan dit saam met gebed. Dit kry ons uit Jakobus 5:13-17. Markus 5:23- Hier word Jesus gevra om die hande op Jairus se dogtertjie te lê sodat sy gesond kan word. In Markus 6:5 sien ons dat Jesus ‘n paar siekes die hande opgelê het, en hulle het gesond geword.
  3. Deur handoplegging het mense die gawe van die Heilige Gees ontvang. In Handelinge 8:18 sien ons dat Simon gesien het hoe mense die Heilige Gees ontvang het deur handoplegging en vir die apostels gels aangebied het om dit ook te verkry. In 1 Tim 4:14 vermaan Paulus vir Timoteus om nie die genadegawe wat hy deur handoplegging verkry het, te verwaarloos nie, en in Hebreers 6:2 sien ons word gepraat van die leer van die doop en van handoplegging.

Ons moet besef dat aanraking in ons Christelike geloof baie belangrik is. So byvoorbeeld het die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, net Jesus ge kleed aangeraak en gesond geword. Maar let op dat hierdie maar slegs as die begin van die evangelie beskou word. Die vraag is nou: Hoe ver het ons op die pad gevorder as hierdie tipe van ding dan net die begin van die evangelie is?

Wat beteken dit dan om voort te gaan na volmaaktheid van hier af?

Verkondig die Evangelie

 

Voor ons egter by die punt uitkom, moet ons eers vir mekaar een vraag antwoord: Hoe moet die evangelie van Christus verkondig word? Die antwoord wat jy as Christus gelowige hier gaan gee, gaan bepaal wat die res van hierdie webblad vir jou gaan beteken. As dit vir jou goed genoeg is om die evangelie te verkondig deur op straathoeke te gaan staan en die woord uit te basuin, as dit vir jou goed genoeg is dat die evangelie verkondig word, deur predikers wat net wil geld maak uit mense uit en hulle daardeur mislei en belieg en bedrieg, dan is hierdie webblad nie vir jou bedoel nie.

As daar egter ‘n gevoel in jou hart ontstaan het dat daar baie meer tot die woord van God is as net dit wat ons oor die algemeen rondom ons sien, dan mag dit dalk ‘n goeie idee wees vir jou om verder te lees, want hier gaan ek praat oor baie dinge wat in die ware Christelike geloof is, maar wat ons nie raaksien en nie ervaar nie.

Die beginpunt hiervan as gelowige kind van God is ons siening oor hoe die evangelie verkondig moet word. Hier stel ek ook nie belang in wat mense sê nie. Die woord van God sê vir ons duidelik hoe die evangelie verkondig moet word. Dit is die opdrag aan die kind van God.

Mat 10:5  Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie;

Mat 10:6  maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

Mat 10:7  En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.

Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

 

In hierdie paar verse is daar dinge wat swaar is om te aanvaar vir die meeste mense , en nog moeiliker om te verstaan. Die waarheid van die saak is egter dat ons ware Christelike geloof nie ‘n humanistiese geloof is nie.  Ek is jammer om dit te sê, maar alle mense kan nie in beginsel gered word nie. Dis nie ‘n konsep wat in die bybel bestaan nie.

Kom ons bekyk die opdrag wat deur Jesus aan die 12 gegee is:

“ Moenie gaan op die pad van die heidene nie, en moenie ingaan in die stad van die Samaritane nie”

Maar ek het dan gedink dat ons juis na die heidene en die Samaritane moet gaan. Maar dis nie wat hier geskryf staan nie, en dit is net hier waar almal begin struikel oor die woorde, want die volgende vers sê waarheen gegaan moet word

“gaan na die verlore skape van die huis van Israel”

Ek besef terdee dat jy op die stadium waarskynlik vir jouself sê: “Nog een van daardie ouens wat sy varkies iewers verloor het.” Ek kan jou nie keer as jy dit wil dink nie, maar kom ons kyk wat sê die woord werklik. Jy kan dit vat wat ek hier skryf, jy kan dit uitdruk op ‘n rekenaar en neem na jou predikant of pastoor of oudste, of wat ookal om om uit te vind of dit die waarheid is. Wel, die waarheid is wat in die skrif geskryf staan, en nie een van hulle kan dit verander nie. So kom ons kyk wat sê die skrif werklik hieroor:

Luk 1:31  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.

Luk 1:32  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,

Luk 1:33  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

 

By die aankondiging van die geboorte van Jesus het ons alreeds 2 getuienisse wat vir ons rigting aandui:

  1. Hy sal op die troon van sy vader Dawid sit. Hier word verwys na ‘n aardse geslag en ons weet, of ons behoort te weet dat Dawid uit die stam van Juda was. Juda was een van die 12 aartsvaders van die 12 stamme van Israel (Jakob)
  2. Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid. Die vraag is nou hoeveel duideliker moet gesê word wie Jesus werklik is? Hoeveel duideliker moet gesê word oor wie Hy gaan heers. Tog weier ons on die woord van God te aanvaar soos dit geskryf is.

 

Mat 1:20  Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;

Mat 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Mat 1:22  En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

Mat 1:23  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

 

“Dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos”. Wie is sy volk? As jy dan nou teruggaan na die eerste gelese teks toe, word heel duidelik gesê wie sy volk is.

Mat 10:6  maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

 

Dit is redelik eenvoudig is dit nie. Maar kom ons gaan aan:

Mat 15:24  Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

Mat 15:25  Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my!

Mat 15:26  Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.

Mat 15:27  En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.

Mat 15:28  Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.

 

Weereens uit die mond van Jesus self word duidelik gesê vir wie Hy gekom het. Hier sê Jesus self vir haar dat Hy net gestuur is na die verlore skape van die huis van Israel. Hierdie gedagte sit nie goed in ons humanistiese geloof nie, en ek wil nie regtig hier sakke vol tyd spandeer om dit te verder duidelik te maak nie. Ek raai jou aan om vir jou die volgende boeke in die verband te kry:

Die verlore 10 stamme van die huis van Israel en Israel in die nuwe testament: die boeke kan ook afgelaai word van die volgende webwerf: http://www.israelmusthear.co.za .

Kom ons gaan nou aan met die opdrag van Matt 10. Daar is gesê na wie toe die dissipels moes gaan. Wat moes hulle daar gaan doen? Heel eerste moes hulle vir die mense sê:

“die koninkryk van die hemele het naby gekom” . Wat dan is die bewys daarvan dat die koninkryk van die hemele naby gekom het.  Daar is 4 bewyse wat hier aangedui word:

Mat 10:8  Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

 

  1. Maak siekes gesond
  2. Reinig melaatses
  3. Wek dooies op
  4. Dryf duiwels uit.

Verdere teksverwysings:  Luk 10: 5-10; Matt 28:18-19; Markus 16:16-20

Hoeveel van ons sien die dinge rondom ons gebeur vandag? Het Jesus dan iets vir die dissipels gesê wat hyself nie gedoen het nie? Jesus se lewe is een groot voorbeeld van hoe al hieride dinge gedoen is. As dit dan vir Jesus goed was om die evangelie so te verkondig, hoekom is dit nie vir ons goed genoeg nie? Hoekom wil ons net vertel van die groot dade van God wat 2000jaar gelede gebeur het. Hoekom kan ons nie ons eie geloofservaring opbou nie? Hoekom kan ons dit dan nie doen nie? Het dit dalk iets te doen met ons eie ingesteldheid? Die punt wat ek wil maak is, as jy dan evangeliewerk wil vermag, doen dit dan volgens die voorbeeld van Jesus en doen dit volgens die opdrag wat Hy gegee het.

Die verkondiging van die evangelie sonder tekens en wonders beteken niks nie. Dis net woorde. Tekens en wonders oortuig mense van die teenwoordigheid van ‘n opgestane Here Jesus, want dit word in Sy naam gedoen en in die krag van die Heilige Gees.

Die evangelie is bedoel om verkondig te word met tekens en wonders.

Hierdie is een van die eerste dinge wat jy in die Gees moet oordink en as jy by die punt kan uitkom waar jy vir jouself kan sê:

“Ja waarklik dit is hoe die evangelie werklik verkondig moet word” ;

dan is jy gereed om ook die volgende vraag aan te vat, en dit is:

“Hoe doen ek dit?”

( Nota:  Toe ek die sake begin ondersoek het, het ek ook by die punt gekom waar ek gevra het hoe dit dan moontlik is dat ons in ‘n geloof verkeer wat amper geen krag ten toon stel nie, wat in duidelike teenstelling is met wat die woord van God vir ons wys? Ek wou in my hart en siel sien dat daar tekens en wonders plaasvind. Wat goed was vir Jesus om te doen, en wat goed was vir Sy dissipels om te doen, moet ook goed wees vir ons, moet ook goed wees vir my om te doen. Ek het die antwoord begin soek en ek het dit gekry in geregtigheid en dit is waaroor die volgende deel gaan – geregtigheid! Die beginsel van geregtigheid bevat die kern van ons geloof. Daarsonder kan jy niks doen nie.

Onthou net een ding: Abraham se geloof is hom tot geregtigheid gereken. Die twee gaan saam. Moenie ophou om daarmee te worstel tot jy dit jou eie gemaak het in liggaam, siel en gees nie. Dit is waar die krag van die evangelie lê.)

Geloof en Geregtigheid.

Ons is heeltemal te geneig om te sê: Ek is nou bekeerd, ek gaan dit, en dit, en dat vir Jesus doen. Is dit dan wat Jesus vir ons Vader gesê het: Vader; Jy het My Jou Gees gegee, Ek wil nou dit, en dit, en dat vir jou doen? Nee dis nie wat Hy gedoen het nie. Nou hoekom wil ons dit dan doen?

Hierdie is ‘n saak wat jy van die begin af vir jouself moet uitmaak: Dis onbelangrik wat ek vir die Here wil doen, wat belangrik is, is wat wil die Here hê moet ek vir Hom doen?

Isa 64:6  En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

 

Die beste werke van ons is maar soos ‘n besoedelde kleed voor God. Jou geregtigheid beteken voor God net mooi niks nie. Dis steeds maar net ‘n besoedelde kleed. Jou geregtigheid is Jesus Christus.

Kom ons bekyk dan nou die saak van geloof en geregtigheid :

 

Joh 6:28: Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?

Joh 6:29:Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo  wat Hy gestuur het.

 

Ek dink dit is baie nodig om daarop te let dat Jesus hier vir die mense gesê het dat om  die werke van God te volbring  moet hulle glo in Hom wat deur God gestuur is. Kan ons dit dan anders stel, sonder geloof in Jesus Christus kan jy nie die werke van God  volbring nie.

 

Heb 11:6:En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God  gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. Hier word die kwalifikasie ten opsigte van geloof nog duideliker gestel. Sonder geloof (geloof in Jesus) is dit onmoontlik om God te behaag.

 

Dit maak nie saak wat jy doen nie, as jy nie glo in die werk wat Jesus kom doen het nie, kan jy God nie behaag nie want Jesus is die enigste weg, die waarheid en die lewe en niemand kan tot die Vader kom behalwe deur Jesus nie.

 

Rom 1:17:Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Rom 3:28:Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

 

Dit raak egter beter as ons verder gaan met die saak en sien dat die  woord ons leer dat ons geregverdig word uit geloof in Jesus Christus. Want Hy het ons geregtigheid kom word.

 

1Co 1:30:Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit  God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

1Co 1:31:Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

 

Let op: Jesus het vir ons geword:

1.Wysheid uit God

2.Geregtigheid

3.Heiligmaking

4.Verlossing.

 

As ons dus kyk na geregtigheid beteken dit duidelik dat Jesus ons ongeregtigheid op Hom  geneem het aan die kruis en dat Hy sy geregtigheid aan ons gegee het  sodat ons voor God kan verskyn onder Sy geregtigheid wat uit die geloof is. Die geregtigheid wat beteken dat ons voor God kan verskyn onder die bloed van Jesus asof ons nog nooit gesondig het nie. Met ander woorde ons is herstel tot die posisie wat Adam was voor die sondeval.

 

Ons moet dus nie meer glo in ons eie sonde en slegtigheid as wat ons glo in die werk wat Jesus kom doen het nie. As ons dit kan doen sal ons beslis ook verstaan hoekom Jesus vir sy dissipels gesê het:

 

Joh 15:3:Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.

Joh 15:4:Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.

Joh 15:5:Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

 

Sonder Jesus kan ons niks doen nie. Ons het geen hoop om teen die magte van die hel te staan sonder Hom nie.Dit is ook daarom dat ons geeste toets deur altyds eers te vra:

Glo jy dat Jesus Christus in die vlees gekom het?

Maar daar is meer, want Jesus het duidelik gesê  dat Hy gekom het om die wil van die Vader te doen, kyk na die volgende gedeelte:

 

Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.

Heb 10:6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.

Heb 10:8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—

wat volgens die wet geoffer word—

Heb 10:9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.

Heb 10:10Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

 

Hieruit het ons heiligmaking en daardie heiligmaking gee ons die vrymoedigheid om  voor God te verskyn en vir Hom dinge te vra, deur die offer van Sy Seun.

 

1Jn 5:11En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

1Jn 5:12Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

1Jn 5:13Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

1Jn 5:14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.

1Jn 5:15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

 

Gaan dan in hierdie vrymoedigheid en spreek in jou binnekamer tot onse God en hemelse Vader en let op hoe Hy jou in die openbaar sal vergelde daarvoor.

Gaan in geloof, want daarin is jou geregtig

(Gebaseer op die werke van Pastoor F.W.C Neser)

As geloof en geregtigheid die krag is van ons evangelie, dan is liefde die sleutel wat die krag ontsluit. Liefde bring alles bymekaar, liefde laat alles werk. Dit is dan ook die deel waaraan ons volgende gaan aandag gee.

 

Geloof, Hoop en Liefde

Ek het gereken dat op die stadium sal dit dalk goed wees as ons ‘n goeie kykie kry in die beginsels wat in 1 Kor 13 vir ons neergelê word:

1Co 13:1  Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.

1Co 13:2  En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.

1Co 13:3  En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.

1Co 13:4  Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

1Co 13:5  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

1Co 13:6  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

1Co 13:7  Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

1Co 13:8  Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë—hulle sal tot niet gaan; of tale—hulle sal ophou; of kennis—dit sal tot niet gaan.

1Co 13:9  Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele.

1Co 13:10  Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan.

1Co 13:11  Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê.

1Co 13:12  Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.

1Co 13:13  En nou bly geloof, hoop, liefde—hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

 

Alreeds in vers 1 kry ons die rigting van waarna ons moet kyk. Let op dat hier gepraat word van geestelike gawes en dat daardie geestelike gawes niks beteken sonder die liefde nie. Dit is dan ook nie toevallig dat die hoofstuk oor die liefde in die middel van die geestelike gawes bespreek word nie. 1 Korinthiers 12 vertel vir ons van die verskillende geestelike gawes wat ons behoort te hê. Dan spring ons in die hoofstuk na die liefde toe en in 1 Kor 14 gaan ons weer aan met die geestelike gawes bespreking. Wat dan is die rede hiervoor?

Let ook op dat in verse 1 tot 3 word die geestelike gawes in verband gebring met die liefde, of sal ons eerder sê dat die geestelike gawes word tot niet gemaak sonder die liefde. Dit is eintlik ‘n skrikwekkende gedagte.  As jy geestelike gawes ontvang het deur die wedergeboorte en die doping in die Heilige Gees, en jy het ‘n tekort aan liefde, dan beteken daardie geestelike gawes net mooi niks nie. Ons kan hier kyk na die liefde in terme van 2 dinge: Aan die eenkant is sonder twyfel ons liefde teenoor God en aan die ander kant is ons liefde teenoor ons broers en suster.

Sal dit dan toevallig wees dat Jesus oor die wet gesê het:

Mat 22:36  Meester, wat is die groot gebod in die wet?

Mat 22:37  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Mat 22:38  Dit is die eerste en groot gebod.

Mat 22:39  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Mat 22:40  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

 

Ek glo dat Jesus nie sommer maar toevallig hierdie gebod eerste gestel het nie. Ek glo ook dat daar ‘n baie goeie rede is waarom hierdie saak so belangrik is. Ja, dit is in die wet van die Here, so dit is belangrik, maar hoekom so?

Dis maklik om te antwoord, want aan die liefde hang die hele wet en die profete. Watter beter rede is daar om die liefde na te jaag? Daar is miskien nie ‘n beter rede nie, maar daar kan dalk nog ‘n rede wees.

Jesus sê baie duidelik vir die mense: Jy moet die Here jou God liefhê, en jy moet jou naaste liefhê.  Wanneer ek hierna kyk, dan begin een woordjie my regtig pla, en dit is die woordjie “moet”. Gestel ek kom ingestap by my meisie, of my vrou vir daardie geval en ek sê so ewe vir haar: “Ek het jou lief, want ek moet jou liefhê.”  Ek is nou nie snaaks nie, maar ek dink nie dit gaan te goed afgaan nie.  As my vrou dit vir my sê, gaan dit verseker ook nie te goed by my afgaan nie. Maar hoekom sê die bybel dit dan ten opsigte van God en ons naaste? Eintlik maak dit nie baie sin nie. Wel, nie in die konteks nie, maar wat van as die bedoeling ten opsigte van die konteks anders is as wat ons mag dink, sal dit dan sin maak?

Is daar nie dalk meer agter die woordjie “moet”, as om net ‘n verpligting op jou te lê nie? My eerste uitgangspunt hier is dat my naaste gedefinieer kan word as mede-Israeliete ( Ek vertrou ook dat almal mooi sal besef wat ek presies hiermee bedoel).

Ons sal nou eers moet gaan kyk wat Jesus se saak hier op aarde was, voor ek regtig kan verder gaan met die bespreking.

Wat was Jesus se doel?

Waarvoor het Hy gekom en vir wie het hy kom loskoop van die sonde af? Wanneer ons hierdie vrae antwoord, mag die rede hoekom die wet ‘n “moet” inhet, dalk begin sin maak.

Kom ons begin by ‘n baie eenvoudige punt:

Nr 1: Die wet

Rom 3:19  Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;

 

“Die wat onder die wet is”. In Jesus se tyd op aarde en voor Sy tyd, met ander woorde die ou Testament, was daar net een volk wat onder die wet was. Daar was net een volk by die berg Sinai wat die wet ontvang het.  Waar in die woord van God staan dit geskrywe dat elk mens wat op aarde gewandel het, onder die wet was, as die wet dan net vir een groep mense gegee is?

Die interessante gedagte van die punt is egter dat , net die wat onder die wet was, die wet kon oortree, omdat dit net aan hulle gegee is. Daarom, kon net ‘n Israeliet die wet oortree. Die ander mense, soos die Feresiete en Amoriete, het geen belang by hierdie wet gehad nie, hulle het hul eie gode gehad en hul eie wette.

Sonde is die oortreding van die wet en jy kan net ‘n wet oortree as jy onder die gesag van daardie wet geplaas is. Dit is dan ook wat by Sinai gebeur het in Exodus 19.

Nr 2: Het Jesus dan vir alle mense gekom

Ek glo dat elke mens wil sê dat hy beslis vir alle mense gekom het, maar die vraag is, is dit werklik die waarheid volgens die woord van God? Hier is letterlik ‘n sak vol bewyse dat Hy nie vir alle mense gekom het nie, maar ons verkies om dit oor te slaan, want dit is nie menslik nie en nie reg in ons eie oë om so te praat en te dink nie. In die eeu van menseregte is hierdie ‘n groot probleem. Hoe durf ons sê dat Jesus net vir sekere mense gekom het?

Ek durf dit nie sê nie, maar die bybel sê dit hard en duidelik en selfs Jesus het dit hard en duidleik gesê as ons tog maar net ons ore en oë wil oopmaak en luister en sien.

Kom ons kyk dan nou na ‘n klompie teksverwysing in die verband. 

Isa 9:6  (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Isa 9:7  (9:6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

Isa 9:8  (9:7) Die HERE stuur ‘n woord in Jakob, en dit val in Israel;

 

Wel ons weet dat Dawid kom uit die stam van Juda en ons weet dat hierdie stuk uit Jesaja vertel vir ons van die Here Jesus self. Hy gaan sit op die troon van sy vader Dawid en oor oor sy koninkryk wat Israel is. En dan net om seker te maak dat ons dit nie mis verstaan nie, sê vers sewe dit nog duideliker. Die woord is gestuur in Jakob en dit het geval in Israel, dit beteken fisies die 12 stamme van Israel.

Mat 1:21  en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Mat 1:22  En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

Mat 1:23  Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.

 

Hier sê die die engel dat Jesus sy volk van hulle sondes sal verlos. Watter volk sal dit wees? Klink dit dan of dit alle mense gaan wees? Daar is baie volke en hier word duidelik gesê dat dit net een volk is. En as ons dan wil weet wie sy volk is, kom ons kyk dan na die volgende gedeelte:

 

Mat 10:5  Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ‘n stad van die Samaritane nie;

Mat 10:6  maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.

 

Hier sê Jesus baie duidelik aan die 12 dat hulle moet gaan na die verlore skape van die huis van Israel. Kan dit dalk wees dat hulle sy volk is. Of, kom ons kyk na die negatiewe kant daarvan. Moenie gaan nie die Samaritane nie. As alle mense op aarde dan sy volk is, hoekom moes die disipels nie na die Samaritane toe gaan nie?

Mat 15:24  Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.

 

Hier het Jesus alreeds duidelik in sy eie woorde verklaar waarom Hy gekom het, terwyl die bybel in geheel oor dieselfde saak getuig, soos deur die profete. Watter gronde het ons dan om sy woorde op alle mense van toepassing te maak? Maar ons doen dit maar in elk geval , miskien is dit net ons eie pogings om te probeer om meer genadig te wees as God. Wat ookal die rede is, dit is ‘n dwaalleer. Hy het gekom vir sy eie, vir niemand anders nie.

Nr 3: Vir wie dan het Jesus gesterf aan die kruis?

Hierdie is ‘n baie kort bespreking van die punt, maar dis noodsaaklik dat ‘n mens die saak wel deeglik ondersoek, volgens die woord van God self, en nie volgens wat ‘n klomp sogenaamde geleerde mense , jou probeer wysmaak nie. God self sal die waarheid aan jou openbaar as jy ernstig daarna soek. Ons het nie mense nodig om dit te doen nie, maar as jy dapper genoeg is om jou ewigheid toe te vertrou aan mense, wees dan dapper genoeg om die gevolge daarvan ook te dra. Dis nie verkeerd om na mense te luister nie, maar vra altyd vir God wat die waarheid is. Baie mense het openbaring ontvang van God en dit sal deur sy woord en Gees aan jou bevestig word as jy begin soek, maar trap versigtig, daar is baie slange en wolwe op die pad.

Dit gesê, kom ons gaan kyk vir wie het hy dan gesterf:

Isa 53:8  Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote—wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

 

Ek weet nie of die woord van God dit enigsins duideliker kon stel as wat dit hier gegee is nie. Soos ons so graag vir mekaar vertel, die ou testament is vir Israel gegee. Dit beteken dan ook dat die woorde van die ou testament ook vir Israel bedoel was. As dit die geval is, soos wat ek glo die meeste mense mee sal saamstem, dan weet ons ook dat die profete deel was van die Ou Testament en dit sluit Jesaja in. So as die profesie dan sê dat die oortredinge van sy volk op Hom gerus het. Hoe kan ons dit op alle mense van toepassing maak? Dit word tog baie duidelik hier gesê dat Hy die sonde van sy eie volk gedra het.

Hierdie punt lei ons egter na ‘n veel groter probleem toe want as hy gesterf het vir sy volk Israel, dan moes hy ook opgestaan het vir dieselfde volk anders het tussen sy dood en opstanding iets baie vreemds gebeur. Baie mense beweer dat dit wel gebeur het. Hier het God verander! Hy het nou sy heil op alle volke, nasies en tale uitgestort.  So word beweer in elk geval, sodat alle mense op aarde nou kon deel hê aan die offer van Jesus. Dit is ‘n baie mooi storie, maar dis al wat dit is, net ‘n storie en daarby nog ‘n liegstorie ook. Die bybel leer ons baie duidelik dat God nie verander nie.

Heb 13:8  Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

 

Mal 3:6  Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.

 

Uit sy woord het ek nou twee getuies gegee wat sê dat God nie verander nie. Op grond waarvan kan ons dan nou sê dat God wel verander het en waar staan dit geskrywe in Sy woord?

 

Waar laat dit ons dan nou in terme van die Heilige Gees?

Dis tog vreemd dat die Heilige Gees se uitstorting in Jerusalem plaas gevind het en nie in Rome ook nie, of dan vir daardie geval in Damascus of in Egipte nie. Miskien dit almal nie dat dit vreemd is nie, maar Handelinge 2 vertel ons van die uitstorting van die Heilige Gees. Miskien moet ons net so oomblikkie daar stilstaan en die saak bekyk.

Act 2:5  En daar het in Jerusalem Jode gewoon, godsdienstige manne, uit elke nasie wat onder die hemel is.

Act 2:6  En toe hierdie geluid kom, het die menigte saamgestroom en was in die war, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal spreek;

Act 2:7  en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galileërs nie?

Act 2:8  En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?

Act 2:9  Parthers en Meders en Elamiete en die inwoners van Mesopotámië, Judéa en Kappadócië, Pontus en Asië,

Act 2:10  Frigië en Pamfílië, Egipte en die streke van Líbië by Ciréne, en Romeine wat hier vertoef, Jode en Jodegenote,

Act 2:11  Kretense en Arabiere—ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.

Act 2:12  En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees?

Act 2:13  Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn.

 

Kom ons kyk gou wat hier gesê word:

Nr 1: Daar het in Jerusalem Jode gewoon uit elke nasie wat onder die hemel is. Met ander woorde dan was Jode uit hierdie nasies wat hier genoem word. Net soos wat daar vandag Jode woon in Suid Afrika, Australië,  Amerika en Engeland. Dis mos nou nie moeilik om dit te verstaan nie. Maar kom ons kyk verder.

Nr 2: Hulle was godsdienstige manne. Gegewe die geskiedenis van daardie tyd en enige persoon wat iets weet van die tempel en wat daar gebeur het, maak dit die saak geheel en al onmoontlik dat enige iemand sommer maar net soos vandag in die tempel kon ingaan. Dit was verbode. Net die Jode kon in die tempel ingaan. Ander mense van ander volke kon nie in die tempel ingaan nie. So wat se tiepe godsdienstige manne was hulle dan, as hulle nie Jode was nie?

Nr 3: Is almal wat daar spreek dan nie Galileërs nie? Hoeveel meer rigting het ons nodig om te verstaan wat hier geskrywe staan. Ons weet tog dat 11 van die 12 dissipels was Galileërs. Nou word hier duidelik in die rekords verwys daarna dat hierdie manne almal Galileërs was.

Kom ons som dit dan op: Daar was Jode in Jerusalem wat onder ander volke gewoon het, soos die Kretense en Arabiers wat  die taal van die volke magtig was. Toe die Heilige Gees op hulle kom het hulle begin getuig van die groot dade van God sodat ander volke dit kon verstaan. En hulle het dit gedoen in die taal van daardie volke, want hulle was dit magtig omdat hulle onder daardie volke gewoon het.  Maar die Joodse manne was godsdienstig, met ander woorde het het reg van toegang tot die tempel gehad, anders sou hulle nie as godsdienstig beskou gewees het nie en  verder word dan verklaar dat hierdie Joodse manne, eintlik Galileërs was om dit nou nog meer duidelik te maak wie hulle werklik was.

Dit is dus nie moeilik om te sien uit die rekord van die bybel dat die Heilige Gees nie op alle volke uitgestort is nie, maar net op Galilese manne. Daar is dus geen rede vir ons om dit anders te beskou nie. Hierdie gedagte bly ook konsekwent met die saak wat ek besig is om te beredeneer, en dit is dat die gawes, vrugte en bedieninge van die Heilige Gees net vir Israel bedoel is en nie vir ander volke, nasies en tale nie. Dat teenoor hulle getuig sal word oor die groot dade van God, dit is ‘n gegewe, want almal moet dit weet, maar dis nie vir hulle gegee nie.

Daar is verseker heelwat meer om te sê oor die stuk as net dit wat ek hier genoem het, maar dis nie die fokus punt van my redenasie nie. 

Kom ons gaan kyk nou weer waarom die wet sê dat jy die Here jou God moet liefhê.  Ek het nou ‘n groot gedeelte gespandeer aan die saak om by die rede uit te kom waarom daar ‘n “moet” in die hele saak is.

Die Here weet net so goed soos wat ons weet dat jy iemand nie kan dwing om iemand anders lief te hê nie, maar die belangrikheid daarvan kan beklemtoon word op verskeie maniere.  En hier is dit beklemtoon in die vorm van ‘n opdrag. Ons moet egter net eers seker maak dat ons verstaan wat hierdie liefde werklik is. Kom ons gaan kyk net kortliks na ‘n paar kenmerke van hierdie liefde soos dit deur Johannes beskryf word.

1Jn 2:5  Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

 

1Jn 2:15  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.

 

1Jn 3:16  Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.

 

1Jn 5:2  Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar.

1Jn 5:3  Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.

 

Joh 15:12  Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Joh 15:13  Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.

Joh 15:14  Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.

 

Ons moet nie die liefde waarvan hier gepraat word, verwar met die populêre liefde wat vandag in die wêreld is nie. Dis nie dieselfde ding nie. Die liefde wat ons teenoor God het, het te doen met agting en respek en gehoorsaamheid toegewydheid en vertroue.  Dit het niks te doen met wat ek kan wen uit die saak nie.

Kom ons hateer nou hierdie saak van “moet” – Jy moet die Here jou God liefhê! Dis ‘n baie duidelike opdrag wat gegee word en ek glo dat dit met ‘n baie goeie rede so is. Omdat God die einde van die begin af geken het, het Hy ook geweet waardeur sy kinders sal moet gaan aan die einde van die eeue. Dat die stryd om heerskappy, ‘n baie ernstige stryd gaan word.

Ek glo dat die “moet” wat hier in die wet geskrywe is, daar is om ons te beskerm teen die aanslae van die bose. God het sy kinders lief en wil hulle al die middele gee om staande te bly teen die magte van die hel en die liefde teenoor God en ons naaste, is die band van volmaaktheid wat dit moontlik maak. Sonder liefde kan die Heilige Gees nie sy werk doen nie. Dit glo ek is dan ook die rede waarom die hoofstuk oor die liefde geplaas is in die middel van die bespreking van die Heilige Gees gawes.

Die saak is so ernstig dat die Here dit nodig geag het om dit in ‘n opdrag aan ons uit te gee. Jy moet die Here jou God liefhê want daarin lê ons beskerming deur die Heilige Gees in die geweldige tye waarin ons nou leef. Jy moet jou naaste liefhê want dit bind die kinders van God saam in hegte eenheid waarin die Heilige Gees sy werking tot vrug kan bring.

Die laaste gedeelte waarin hier wil aandag gee is gebed.

Gebed

Gebed word baie hoog aangeslaan, nie net onder Christene nie, maar onder al die gelowe. Vir ons egter wat in Christus glo, is gebed  die krag tot lewe.

Daar is al soveel geskryf en gesê oor gebed en die belangrikheid daarvan dat ek werklik nie nog ‘n verhandeling daaroor wil skryf nie. Gebed in die kind van God se lewe is vir my net so belangrik soos asemhaal.

Ek dink die belangrikheid daarvan word deur Jesus self uitgelig aangesien Hy vir ons die groot gebed gegee het. Ek dink ook dat ons gebed in perspektief moet sien, veral in die omstandighede waarin ons verkeer. Dit is my eerlike opinie dat gebed die middel is waardeur ons, onself versterk in die Here. Ons moet mooi oplet na die lewe en leer van Jesus.

Jesus het homself deurlopend afgesonder en gaan versterk in die Here.

Vir die meeste van ons egter is gebed, klaaglied van goed wat ons kort, wat ons nodig het. ‘n Hulpgeroep vir die hartseer en pyn wat ons en soveel ander mense in die wêreld ondervind. ‘n Smeking vir krag en ondersteuning net om deur nog ‘n dag te kom.

Ons bid vir siekes en vra die Here om hulle gesond te maak, maar het ons al ooit gaan stilstaan en werklik gedink wat ons doen. Die meeste van ons gebede, en dit sl;uit sekerlik ook my eie in, is gebede van nederlaag en onderwerping. Is dit nie ‘n vreeslike geklaag en gekerm wat opstyg in die hemel in nie. Is dit wat gebed regtig vir ons is?

Kom ons voer dit verder na die van ons wat in die geestelike stryd stry, ons is eintlik veronderstel om dit almal te doen, maar baie min van ons kom ooit daarby uit omdat ons gebede self gesentreerd is – miskien meer akkuraat gestel, omdat ons gebede mens ge-orienteerd is. Dit gaan oor ons behoeftes en ons tekortkominge.

Wat sal gebeur as ons, ons gebede begin verander, om God-gesentreerd te wees. Nie My wil nie, maar U wil – O Here? Wat sal gebeur as ons begin verstaan dat, terwyl dit noodsaaklik is om ons sondes te bely, en dit noodsaaklik is om vir ander te bid, is dit meer noodsaaklik om te bid binne die plan en raad van God, sodat Sy plan en Sy wil uitgevoer kan word.

Ons probeer ‘n geestelike stryd op ons kniee voer. As jy 2 manne het wat veg met swaarde, watter een het die beste kans om te wen, die een wat staan of die een wat op sy kniee is? Ek glo dat baie mense nie met my sal saamstem hieroor nie, maar ek is oortuig daarvan dat gebed bedoel is om die kind van God te versterk, en nie dat jy op jou knieë moet staan en veg nie. Verder probeer ons dit ook nog doen met toe oë. Hoeveel krygers ken jy wat so dom ding doen? Wanneer jy jouself versterk het in die Here, dan staan jy op en dan begin jy veg. Hoekom sê ek so? Is dit nou sommer maar net iets wat ek uit die lug gegryp het?

Die lewe en leer van Jesus wys dit vir ons. Gaan bestudeer wat Jesus gedoen het en besluit dan of ek die ding misverstaan.  Jesus het Homself afgesonder en Homself verstek in die Here, daarna het Hy deur bevele uit te vaardig, mense genees, duiwels uitgedryf, blindes laat sien, dooies opgewek. Hoeveel wonderwerke is in die bybel opgeteken? Vir hoeveel van daardie mense het Jesus gebid?

Dit is dan die onderskeid wat ek hier maak: Gebed is noodsaaklik vir die kind van God om homself te versterk, om sy verhouding met God reg te hou en om aan God die nodige respek te gee. Deur gebed kry jy krag om op te staan en te veg. Mens veg nie onder gebed, op jou knieë, met toe oë nie. Jy gaan veseker slae kry. Jy versterk jou in die Here, onder gebed, jy kry krag onder gebed, jy bevestig jou outoriteit in Christus onder gebed, maar jy baklei nie onder gebed nie, veral nie met die vyand nie.

Dit bring my by die volgende punt uit wat ek wil maak. Ons bid en vra die Here om iemand gesond te maak, onder gebed, want dit staan mos so geskrywe in Jakobus:

Jak 5:14  Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.

Jak 5:15  En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

Jak 5:16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Jak 5:17  Elía was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;

Jak 5:18  en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.

 

Dis waar, hiermee stry ek nie. Die vraag is egter: Hoe staan dit in verband met Hebreërs 6:

Heb 6:1  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,

Heb 6:2  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.

 

Is handoplegging die begin van die evangelie, of nie? Of sal ek die vraag anders stel: As jy ‘n keuse het, vir wie sal jy navolg, die dissipel wat gestuur is, of die een wat die dissipel gestuur het? Wie se voorbeeld sal jy probeer navolg? Die dissipel se voorbeeld, of die een wat die dissipel gestuur het? Ek twyfel nie daaraan dat Jakobus vir ons die begin van die evangelie uitwys nie. Jesus wys egter vir ons die verdere pad aan, net soos wat Petrus dit gedoen het. Petrus het die voorbeeld van Jesus gevolg, of dink ons Hy het ook Jakubus se geskrifte eers gelees. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek maak nie Jakobus se geskrifte af nie. Dit is belangrik! Handoplegging is waar alles begin, maar ons kan nie daarby bly nie. In my persoonlike getuienis sal ek hierdie saak verder hanteer en hoe dit ‘n impak om my geloofslewe gemaak het. Dit is hier waar outoriteit en gesag in Christus ter sprake kom.

 

Onthou, die beginsel waarvolgens ons hierdie webblad opstel is: Ons is konings en priester vir onse Here en onse God. Priesterskap is die begin van die pad, die uiteinde is koningskap. Die vraag is: Hoe kom ons by koningskap uit? Dit is waarmee ek hier worstel, en ek hoop jy ook. Ek sluit persoonlike voorbereiding hier af, in die volgende deel sal ek nou begin aandag gee aan detail sake. Persoonlike voorbereiding is net om jou gedagtes oop te maak sodat jy wyer kan sien.

 

014945
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
46
191
678
12655
1471
2019
14945

Your IP: 54.92.201.232
2017-12-16 01:41