background31

Ek onthou deur die jare, veral die later jare het my pa baie gesê:

Hy wonder hoekom mense so stry om hier op aarde te bly as hulle werk klaar is. Sy wens en woorde was altyd: As my taak hier klaar is, moet die Here my kom haal, dan het ek geen rede om meer hier rond te hang en ‘n las vir almal te wees nie. Ek het altyd gesit en wonder oor hierdie woorde.

En toe ‘n paar maande voor st 61 ste verjaardag, het hy en my ma nog plantjies in die grond gesit en hy het gesê hy sal rivier toe stap en die pomp gaan aansit sodat die plantjies kan water kry – Hy het nooit terug gekom nie. My broer het hom daar tussen die riete gaan optel. Hy het ‘n massiewe hartaanval gekry en is dood voor hy die grond getref het.

En vir al die jare daarna het ek altyd hierdie woorde van hom onthou en gewonder – was sy werk voltooi?

Hoeveel mense ken ons vandag van wie ons dieselfde vraag kan vra? Wie se werk is ooit voltooi? Ek dink die Here was hom geweldig genadig gewees.

En is ons nie ook maar bekend met onvoltooide take nie?

  1. ‘n Half gelese boek
  2. ‘n gebroke huwelik
  3. Die gras wat nie klaar gesny is nie
  4. Die skottelgoed wat nog nie gewas is nie.
  5. En die lysie gaan aan en aan en aan!

Die saak het my by ‘n baie belangrike ander storie uitgebring. Ek het een aand, nie te lank terug geluister na iemand wat gepraat het oor die lewe van Jesus. Hy het dit baie gedramatiseer, veral die kruis gedeelte.

066806
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
82
284
1599
61505
6280
8529
66806

Your IP: 54.198.205.153
2018-09-21 04:57