background31

'n besondere gebeurtenis het in hierdie maand gebeur:

3 November

Joh 11:26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
Joh 11:28b … Die Meester is hier en Hy roep jou.
Joh 11:40 Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?


November 4, 2015             SMALL STRAWS IN A SOFT WIND by MARSHA BURNS:

Take every opportunity to quiet your soul and rest.  You have expended energy in unusual ways, and the stress has made you feel tired.  Your regeneration and rejuvenation will come from being in My presence, says the Lord.  I will lift you up.  Acts 3:19b "...so that times of refreshing may come from the presence of the Lord."

16 november

Van die begin van November af het die woorde in gedraai van Johannes 11: as ons, wat lewe, in Christus glo, sal ons nooit sterf nie.

Ons het hierdie maand 2 van ons diere "verloor" aan die dood en dit het 'n groot leemte gelaat, maar ons het die blye versekering dat ons sal lewe as ons in Christus glo. So die wat agterbly hoef nie te treur soos ons oor ons diere getreur het nie. Daar sal blydskap wees want ons weet ons sal lewe.

Daar is egter nog 'n groter belofte! Die Meester het ons geroep by die naam en ook vir ons gesê dat as ons glo ons ook Sy heerlikheid sal sien! Ja, ons sal lewe en ons sal Hom in al Sy heerlikheid sien! Maar… net soos Martha daardie dag wat Jesus hierdie belofte aan haar gemaak het, Sy heerlikheid op daardie oomblik gesien het deur die wonderwerk van die opwekking van Lasarus, so kan ons ook, vandag, deel aan Sy heerlikheid!

Dit kan ek dan ook hierdie week getuig:

Ons het 'n rowwe jaar gehad itv finansies en emosies wat maar baie rondgetuimel het, maar vandag het ons 'n oproep ontvang. Die persoon het geskakel en gevra of ons tuis is. Hy moet vir ons 'n airconditioner kom installeer. Ek sê toe ja ons is, maar ek het nie een bestel nie en hy antwoord: die rekening is klaar betaal, hy moet net kom insit! Die Here het voorsien nog voor ons dit kon vra! Wat 'n geskenk is vandag aan ons gegee… dit was waarlik die heerlikheid van die Here wat op hierdie plek neergedaal het vandag en al wat die Here die laaste tyd op my hart gedruk het, was: as jy glo…

Vanaand was die wolke ook werklik iets besonders en kon ons net stil raak voor die heerlikheid van die Here…

"as jy glo…" Joh 11

014949
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
50
191
682
12655
1475
2019
14949

Your IP: 54.92.201.232
2017-12-16 01:41