background31

 

22 januarie 2016

Getuienis 1

Op 28 Desember 2015 het ek 'n senuwee gehad wat in my rug vasgeknyp het vir 3 dae. Dit het vantevore al gebeur so ek het basies geweet wat om te doen en hoe om te strek om dit los te kry. Hierdie keer egter, het dit nie veel gehelp nie. Ek het gebid, maar daar het nie genesing gekom nie. ek het wel 'n antwoord gekry op my vraag: is dit van die duiwel of is dit om my geloof te toets…

Die 3e oggend, tydens 'n vas, het ek my rekenaar oopgemaak en op Pinterest het 'n webblad "opgespring" oor die senuwees in die rug, waarheen dit lei en wat die funksie van elkeen is. So het dit my gelei tot 'n webblad van 'n chiropraktisyn wat my op die spoor gesit het van: ken jou liggaam en weet wanneer iets uit balans is. Ek moes meer as 'n week wag vir die chiropraktisyn om weer oop te maak na die Desember vakansie. Na 'n paar behandelinge kon ek weer normaal slaap, maar dit het nie vir my gevoel asof ek ten volle herstel nie. So het ek my weer tot die Here gekeer en gevra wat is fout. Hoekom kry ek nie volle genesing nie? Ek was besig met my aand Bybel en die volgende boekmerk het voor my gekom:

A careless word may kindle strife
A cruel word may wreck a life
A timely word may level stress
a loving word may heal and bless.

Pleasant words are as an honeycomb.
sweet to the soul, and health to the bones (Prov. 16:24)

En die boekmerk was gevind in "Wysheid van Sirag 33:1": Hy wat die Here vrees, geen onheil sal Hom tref nie, want as hy in versoeking kom, sal hy weer verlos word.

Dit was 'n harde woord wat hier tot my gespreek was, want ek was die laaste tyd verskriklik aggressief en moeilik. My woorde – die woorde wat ek spreek – is nie woorde wat genesing bring vir my gebeente nie.

Die aand toe ons by ons bed kniel en afsluit, huil ek voor die Here en bid vir hulp en vergifnis…

Die volgende oggend was die laaste keer wat ek die chiropraktisyn besoek het. Ek kon daarna weer normaal klas gee, sit en staan. Ek kom wel agter ek moet nog baie strek op my rug, want a.g.v. die behandeling het my spiere gekneus en is baie styf, maar andersins glo ek, is daar genesing vir daardie punt waar die senuwee vasgeknyp het.

Ek glo nie dat die werwels se degenerasie herstel is nie en die probleem kan weer terugkeer, maar weer en weer sal ek dit na die Here neem want ek glo ook dit is in Sy hande vir genesing.

Getuienis 2

Terwyl die woord hierdie week vir my gegee is oor die woorde wat ek spreek, het ek hierdie week 2 keer onwetend in die sop beland oor my woorde. Die vyand los mens nie so maklik nie.

Ek het Donderdag oggend my registrasie vorms by my een skool gaan haal en die kantoor dame het my gewaarsku oor my vergadering die volgende dag met die skoolhoof. Sy was nie baie gelukkig oor my werkswyse nie omdat ek haar nooit "in the loop" hou van my briewe soos my kontrak vereis nie. So die kantoor dame waarsku my betyds….

Die aand tydens ons huis-gebed bid ek dat die Heilige Gees my woorde sal gee om te spreek in die vergadering, aangesien ek baie vinnig aggressief kan raak en ek reeds vroeër die week daarop gewys is. Ek kan nie bekostig om hierdie skool te verloor nie. Dit is een van my grootste skole…

Die Vrydag oggend het ek weer gebid dat die HG deur my moet spreek. (my man het ook in sy kamer die oggend enige onwelkome gees gebind wat in daardie vergadering teenwoordig kan wees. Ek was onbewus van sy gebed). – Dit is 'n Rooms Katolieke skool

Na ons gebede die Vrydag oggend het 2 dinge toe gebeur:

  1. Ek het Donderdag in my een klas, soos telkemale tevore, 'n grap gemaak oor wat robotics is en dat dit nie daardie robot op die straathoek is nie. Ons gebruik baie die voorbeeld want ons Afrikaanse kindertjies praat van 'n robot ("traffic light") en dit kan hulle nogal soms deurmekaar maak. Ek het toe in die Egelse klas ook die voorbeeld gebruik nadat een seuntjie wel heeltemal reg geantwoord het. Almal het gelag en ons het aangegaan met werk, totdat ek Vrydag 'n oproep van die swart seuntjie (gr4) se ma gekry het en ek heeltemal verwoed aangeval is. Sy het my aangeval met "how dare you.." aanvalle. Seker meer as 5x. My woes kwaad gemaak. Op die einde het sy haar tong geklik en die foon neergesit.Sy het my nie eers 'n kans gegee om ' woord te praat nie! Nog voor ek die saak met die skool kon opneem dat hulle bewus is hiervan kontak die skool my om te hoor wat gaan aan. Hulle sê toe ek word aangekla ek is rassisties en weet nie wat nog alles nie. Ek verduidelik wat gebeur het en die vrou sê sy sal die saak verder vat. Sy was in elk geval ook in my klas besig om die betrokke kinders se name neer te skryf so sy sal die saak namens my hanteer. Minder as 'n halfuur later, is alles uitgesorteer – sonder dat ek enigsins 'n woord gespreek het teenoor die persoon wat my aangeval het! Is dit nie waarvoor ons die vorige aand en die oggend gebid het nie? Dat die HG daardie Vrydag die woorde moet spreek wat ek moet spreek nie? Hy het so ver vooruit gegaan dat ek nie eers nodig gehad het om te spreek nie!
  2. Teen die tyd wat ek toe by my "moeilike" vergadering kom is ek erg opgewerk oor die oggend se gebeure dat ek maklik iets verkeerds sou kon sê, maar toe ek in die skoolhoof se kantoor kom is sy so vriendelik dat jy dit nie kan glo nie. Sy het dadelik vir my gevra wat is my behoefte en waarmee kan sy my help! Geen uittrap sessie nie, geen klagtes nie, net positief. Weer eens, die Here het ons vooruit gegaan en die pad oopgemaak!

Die woorde wat ek hierdie 2 dae met my saam gevat en gebid het, was:

Luk 21:13 En dit sal vir julle uitloop op ‘n getuienis.

Luk 21:14 Neem julle dan in jul harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.

Luk 21:15 Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie.

 

Loof die Here, Hy is getrou. Wonderbaar is Hy!

014948
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
49
191
681
12655
1474
2019
14948

Your IP: 54.92.201.232
2017-12-16 01:41