background31

Elkeen van ons het gewoonlik iets wat ons pla, wat ons terughou van die volheid van die krag van God. Sommige van ons is bereid om dit te erken, ander nie. Aan die ander kant hang dit sekerlik ok baie af van waarmee 'n mens te vrede is. Hoe ver wil jy werklik gaan en hoeveel van die dinge van God wil jy werklik aanneem. een van ons grootste probleme is- selfbedrog! Passop dat jy nie jouself oortuig dat jy "ge-arriveer" het nie.

Vandat ek tedoen gekry het met die werking van die Heilige Gees in 2008, het ek baie keer vir mense gebid met gemengde resultate. Sommige mense het vinnig gesond geword, ander het langer gevat en sommige het net glad nie gesond geword nie. Deur die jare het dit my baie gepla, hoekom sal dit vir een mens werk, maar nie vir 'n volgende nie en ek het allerhande redes begin uitdink. Die grootste ding wat egter gebeur het, was dat ek opgehou het om my hande op mense te lê, want ek het gevoel dat as die persoon nie gesond word nie, ek daardie persoon net vals hoop gegee het.

'n Verdere saak wat vir my baie probleme verskaf het, was die feit dat ek vir vele mense gebid het, en hulle het gesond geword, maar vir myself kon ek dit nooit regkry nie. Ek het baie gebid, en baie hard gebid, maar niks het gebeur nie en stadigaan het ek weg beweeg van hierdie saak af. Ja, ek het baie openbaringe gekry, visioene, naggesigte, maar die een ding waarna ek gesoek het, dit kon ek nie vind nie, en dit was om die genesende krag van God in jou eie liggaam te voel. Om te voel hoe 'n saak onmiddelik opgelos word, om redding te voel wat jou stom laat en jou laat dink dat dit die toppunt is van alle dinge wat ooit met jou kan gebeur.

Terwyl my bybelstudies voort gegaan het, het ek minder en minder begin aandag gee aan die krag van die Heilige Gees, ek kan nie onthou wanneer laas ek eers in 'n taal gespreek het nie. Ek wou, maar daars altyd iets wat my terughou. Ek het begin agterkom dart die geloof wat in my is, anders is as wat in ander mense is, soveel so dat my geloof begin bots het met baie mense. Die geloof waarvan ek praat gaan nie oor die fondasie nie, maar dit gaan oor wat op die fondasie gebeur.

My eerste uitgangspunte is:

  1. Wat vir een ou werk, werk nie noodwendig vir 'n ander persoon nie. Ons is elkeen individueel voor God. Hy het ons geformeer, gepredestineer en ons die geloof en krag gegee om Sy werk te doen, hoe groot of hoe klein dit ookal mag wees.

  2. Hy het vir ons gebed gegee om onsself te versterk in Hom.

  3. Deur Jesus se offer het Hy ons priesters en konings gemaak vir Sy God en Vader, wat ook ons God en Vader is. Dit is dan ook hier waar dinge begin problematies raak het.

  4. Nog meer problematies egter is die manier waarop ons met die woord van God omgaan. Hoe sien ons die woord van God werklik? Vir myself het ek 'n diep gesete gevoel dat die woord van God vir ons 'n lewenshandleiding is. Dis nie net 'n godsdienstige boek nie, dis nie net 'n geloofsboek nie, dis baie meer, maar ek het geen woorde hoe om dit vir iemand te verduidelik nie.

Jesus het as 'n priester oorwin, maar as koning sal Hy regeer, daarom is Hy priester/koning volgens die orde van Melgisedek. Wat maak dit ons dan? Ek het vir baie lank met die vraag geworstel. My inisiële uitganspunt was altyd dat ons is- wat Hy is.

Wel hoe dit ookal sy, hierdie is my strydvrae, dis die dinge waaroor ek dink, wat my laat wonder wat ons werklik is.

Dit is dan ook uit hierdie agtergrond wat ek die volgende gebeurtenis wil verwoord, as ek kan.

Saterdag middag 20 Augustus 2016.

Ek het so pas 'n groot probleem met 'n robot uitgesorteer en het besluit om 'n middag slapie te neem. Ek het net so na 3uur wakker geword en voor my rekenaar gaan sit. Ek hou van flieks, veral vervolg stories wat baie op tv is. Een van die stories wat ek baie geniet het vroëere jare, was Deepspace 9. Dis 'n tiepe van 'n Star Trek storie.

Ek het die storie begin kyk, en so halfpad deur die loods episode, het ek skielik begin sleg voel. Ek het begin koud kry, my spiere het begin saamtrek, 'n massiewe hoofpyn het op my afgestorm. Halfpad deur die 2de episode het ek so koud gekry dat my tande op mekaar begin klap het en ek het soveel pyn gehad in my spiere dat ek dit nie kan beskryf nie. Ek het als afgesit en voorentoe gegaan en by Zelda gaan sit, met baie moeite. Sy het na my gekyk en gevra- Wat is fout!

Ek het gese: Ek kry bitter koud!

Daarop het sy my toegegooi met 3 komberse. Dit het nie gehelp nie. Ek moes toilet toe, en toe ek terugkom in die sitkamer, kon ek skaars loop so sleg het ek gevoel. Ek het op die bank gaan lê; Zelda het my weer toegegooi en vir my 'n warmwater sak gemaak, om my warmer te kry, maar selfs dit het nie gehelp nie.

Sy het by my kop sit en my hoof teen haar gedruk en die bloed van Jesus begin pleit, want sy het nie geweet wat anders om te doen nie. Dis ook iets wat ons baie lanklaas gedoen het. Na omtrent 1 minuut het ek begin kalmeer, maar nog gebewe soos 'n riet. Sy het opgestaan en iewers heen gegaan en ek het my oë toegemaak en skielik in my taal begin spreek. Op daardie stadium het ek net geweet dat ek dit moes doen, al het ek dit dan baie lanklaas gedoen. En onmiddelik het die koue koors my verlaat en het ek begin warm word. Let op wat ek sê: onmiddelik!

Dit was nie 'n uur of 2 later nie, dit was onmiddelik/ dadelik. Teen die tyd wat Zelda terug gekom het, het ek niks makeer nie.

Hierdie is 'n getuienis waarvoor ek baie lank gewag het, en ek dank die Here wat Hy dit vir my gedoen het on die swakste van my oomblikke. My geloofs ervaring het my nog altyd gedryf tot een beginsel. As ek dit nie ervaar het nie, het ek nie regtig die reg om daaroor te praat nie. Nou dat ek hierdie saak ervaar het, voel ek dat 'n groot las van my afgeval het.

Die vraag is:

Wat het ek hieruit geleer?

  1. Ek glo dat hierdie 'n demoniese aanval was, ek het geen ander verklaring vir die vreemdheid van die gebeure nie.

  2. Die aanval kom skielik, en tot 'n groot mate wanneer jy dit die minste verwag.

  3. Tussen my en Zelda het ons al baie dinge gedoen. Ek glo deur haar priesterlike amp te bedien, en vir my te bid en die bloed van Jesus oor my te pleit, het sy my in staat gestel om te kalmeer sodat ek die koninklike amp kon beklee op daardie oomblik.

  4. Dit is wat ek glo wat die spreek in “ n vreemde taal” was ten opsigte van die saak. Ek het al meer as een keer bevele uitgevaardig in die naam van Jesus Christus, maar nog nooit in 'n taal nie, en nog nooit; wat my betref met sulke drastiese gevolge nie.

  5. Dit is my opinie dat hierdie aanval met 'n doel gebeur het, om ons te leer hoe om al die wapens van ons stryd te gebruik, en die spreek in tale het ek nog nooit as een van die wapens van ons stryd gesien tot hierdie mate nie. Nou dink ek anders oor hierdie saak.

  6. Laastens dink ek het die waarskuwing deurgekom dat ons gereed moet maak en ons moet begin oefen met die wapens van ons geloof, die tyd het min geword. Die magte is teen ons opgestel en geen kerklike credo gaan jou hieruit red nie. Jy beter dood seker wees, wie jy in Christus is in die maande wat voorlê. Demoniese aanvalle met geweldige gevolge het die afgelope 2 jaar exponensieel toegeneem. Kan jy die wapens van jou stryd gebruik?

  7. Die Here was my baie genadig en het my iets geleer en ek bid dat dit ook vir julle wat dit lees, iets sal beteken.

014989
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
90
191
722
12655
1515
2019
14989

Your IP: 54.92.201.232
2017-12-16 01:44