background31

Ek wou al lankal iets hieroor skryf en wel nou het ek daarby uitgekom. Humanisme is een van die "buzz words" van die tyd waarin ons leef. Dit is groot. Vir baie mense is hulle humanistiese beginsels baie meer werd as die woord van God. 

Maar wat is humanisme werklik en waar kom dit vandaan? As ons daardie vrae eerlik kan antwoord, dan sal ons dalk ook beter besef waarmee ons te doen het.

So daar is 2 vrae wat ons moet probeer antwoord:

  • Wat is humanisme in sy oorspronklike betekenis?
  • Hoe vereenselwig ons humanisme met ons christelike geloof?

Hier is ek alweer op dun ys. Want nou vat ek iets aan wat vir baie mense hoogs heiligs is.

 

Definition of humanism (Websters Dictionary)

1 a : devotion to the humanities : literary culture
b : the revival of classical letters, individualistic and critical spirit, and emphasis on secular concerns characteristic of the Renaissance
2 : devotion to human welfare : humanitarianism
  • renowned for his humanism
3 : a doctrine, attitude, or way of life centered on human interests or values; especially : a philosophy that usually rejects supernaturalism and stresses an individual's dignity and worth and capacity for self-realization through reason

 Klink dit soos iets waarmee jy kan saamleef? So as jou fokus is op mense se waardes en filosofie, op die waardigheid van mense en op hulle kapasiteit vir self verwensenlikking, hoe kan jy dan ook fokus op God en wat die bybel vir ons leer? So basies wat hier gesê word is dat mense opgehef moet word, maar in dieselfde asem moet God afgebring word. Teen die tyd behoort ons te weet dat dit nie moontlik is om beide te verhef nie. Dus, as jou humanisme vir jou baie belangrik is, waar laat dit jou ten opsigte van jou geloof. Net 'n gedagte

Joh 3:14  En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
Joh 3:15  sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

As jy dan fokus op mense, hoe verhef jy Christus?

Maar wat sê ons geleerde mense vir ons oor die woord - Humanisme, en dit kom direk uit ons onderwys stelsel uit.

Dit is wat onderwysewrs en sogenaamde geleerde mense kwytraak:

Paul Brandwein: " Any child who believes in god is mentally ill"

James Curry (1969 President of the American Humanist Association) " Humanism is a polite term for atheism. It relieves mankind from the necessity of either to believe in god or to look at him as the fundamental source of all good."

John Dewy (Humanist Manifesto 1933) " There is no god, and there is no soul. Hence, there are no needs for the props of traditional religion. With dogma and creed excluded then immutable truth is also dead and buried. There is no room for fixed law or permanent moral absolutes."

Terloops, omtrent die hele westerse onderwys stelsel is gebou op die dogma en leerstellings van John Dewy.  

Net so bietjie op 'n persoonlike noot. Deel van my graad studies wat filosofie en hier verys ek spesifiek na godsdiens filosofie.Dit is altyd vir my uiters interessant om te hoor hoe mense afgaan oor hulle regte tot vryheid van spraak, veral die liberale mense. Hulle is verlig, of so dink hulle in elke geval. Wat egter nog meer interessant is, is dat terwyl hulle hul reg opeis tot vryheid van spraak, weier hulle om enige iemand anders, want anders as hulle dink, toe te laat op oor 'n reg tot vryheid van spraak te hê. hou ook asseblief in gedagte dat hierdie insident al meer as 30 jaar gelede gebeur het. Ons moes 'n verhandeling inhandig oor godsdiens, met die fokus daarop om te bewys dat God bestaan/ nie bestaan nie. Die fokus van my verhandeling was daarop gemik om te bewys dat God bestaan. Die gevolg was dat ek die kursus moes oordoen, want my bewyse het niks bewys nie, of so het my dosent gesê, want sy posisie was dat godsdiens eintlik geen plek in die moderne samelewing het nie. Om my graad te kry moes ek op die ou end vir hom vertel wathy wou hoor. ek is nie trots daarop nie. Maar dis die eerste keer waar ek my ten die muur van humanisme vasgeloop het.

Daarom dan reken ek dat ons elkeen sal moet kies waar presies om staan ten opsigte van die saak. Baie mense dink dat as hulle 'n goeie lewe leef, niemand skade aandoen nie, en goed probeer doen sover as wat hulle kan, dan het hulle reg tot die ewige lewe, maar dis nie wat die bybel ons leer nie.

Hos 4:4  Laat net niemand met ons twis of ons berispe nie! Nogtans is jou volk soos die wat met die priester twis!
Hos 4:5  Daarom sal jy struikel bedags, en ook die profeet saam met jou struikel in die nag, en Ek sal jou moeder te gronde laat gaan.
Hos 4:6  My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
Hos 4:7  Hoe meer hulle vermenigvuldig het, des te meer het hulle teen My gesondig. Ek sal hulle heerlikheid in skande verander.

Dit is nodig vir ons arme misleide christene om te begin besef dat die wereld vir ons vyandsgebied is. dit is geen vriend van Christus nie. As ons nie begin verstaan wat mense met sekere woorde bedoel nie, dan val ons vierkantig in hulle strikke, soosw at ook in die geval gebeur het. Al klink  dit hoe mooi en goed vir jou, pas op, wees waaksaam en maak seker dat jy verstaan onder woorde se betekenis wat hulle daaronder staan. Dan sal jy ook begin besef hoeveel vyande jy werklik het.

 

043771
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
85
226
1527
40111
4169
5904
43771

Your IP: 54.224.91.246
2018-06-23 04:02