background31

meaning name

Die koninkryk van die hemele is soos n koopman wat mooi pêrels soek;
toe Hy een baie kosbare pêrel kry(ons ma),

gaan Hy weg en verkoop alles wat Hy het en koop die pêrel.
(deur Jesus se dood).
Hy is ter wille van haar oortredinge deurboor,
ter wille van haar ongeregtighede is Hy verbrysel;
die straf wat vir haar die vrede aanbring, was op Hom,
maar deur Sy wonde het daar vir haar genesing gekom.
Omdat sy (ons ma) dan uit hierdie geloof geregverdig is,
het sy vrede by God deur haar Here Jesus Christus;
deur wie sy ook deur haar geloof die toegang verkry het
tot hierdie genade waarin sy staan;
en sy roem in die hoop op die heerlikheid van God.
 
En nie alleen dit nie, maar sy roem ook in haar verdrukkinge,
(daar was genoeg daarvan die afgelope 80 jaar)
omdat sy weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
en die lydsaamheid beproefdheid
en die beproefdheid hoop;
en haar hoop beskaam nie,
omdat die liefde van God in haar hart uitgestort is
deur die Heilige Gees wat aan haar gegee is.
Ons Ma kan niks aanneem as dit haar nie uit die hemel gegee is nie.
Laat Ma se hart nie ontsteld word en bang wees vir die toekoms nie…
Want salig is sy wat geglo het,
want die dinge wat deur die Here aan Ma gesê is, sal vervul word.
Ma is Jesus se kosbare pêrel.
Vrede laat Hy Ma na, Sy vrede gee Hy aan Ma.
 
Geseënde 80e!
073143
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
119
177
1219
69385
4246
8371
73143

Your IP: 54.156.39.245
2018-10-20 11:53