background31

meaning name

Vra en aan jou sal gegee word....

Aan die een kant is dit 'n vers in die Bybel wat baie aangehaal word veral wanneer iemand vir genesing bid of vir voorsiening ens. Dit word baie aangehaal dat 'n mens aanhoudend moet bid en vra totdat die Here eendag antwoord, veral as die 1e gebed nie dadelik die gewenste resultate lewer nie. So jy moet vra en aanhou vra…

 

Aan die ander kant ...

word mense weggestoot wanneer daar vrae gevra word of word daar soms geweier om vrae te vra. Soms kom 'n mens in 'n situasie waar jy aardse antwoorde van mense na aan jou nodig het, maar hulle wil nie op jou vrae reageer nie. Soms wil jy hê hulle moet aan jou vrae vra, maar dit gebeur ook nie. So wat het nou van die "vra en aan jou sal gegee word" gebeur? Hoekom is dit net geldig wanneer 'n mens jou vrae aan God rig? Hoekom skram mense weg om vrae aan 'n ander te vra? Is hulle bang hulle moet emosioneel betrokke raak by iets? Waar is ons geloof? Wanneer dra ons mekaar se laste?

 

Dit lei vir my na dubbele standaarde en het al 'n paar maal in my lewe gebeur. Vanaand wil ek hierop ingaan en kyk of ons dit kan verander…

 

As atleet in my jonger dae het ek wedlope ontleed; ek het atlete se tegnieke van voor tot agter bestudeer om uit te vind hoe my teenstander dink en reageer. Ek het aan afrigters vrae gevra om meer te leer. Ek wou uitvind van my "vyand". Sommige afrigters het geantwoord, maar die wat bedreig gevoel het (wanneer ek te veel inligting kry/meer verstaan), het hul bande gebreek en stilgebly; so die - vra en aan jou sal gegee word – het nie gewerk wanneer die persoon bedreigd gevoel het in sy "job" nie.

 

Vandag sit ek so en dink… ek is in 'n posisie waar ek weer teen 'n "vyand" te staan gekom het. Ek het weer eens baie navorsing gedoen oor die saak sodat ek kan weet waarteen ek veg. Ek het vrae gevra en ek het antwoorde gekry. Nou kan ek die saak na die Here vat in geloof en ek glo – vra en aan jou sal gegee word. Ek glo ek sal hierdie saak in Sy naam oorwin sonder om meermale terug te keer om te vra. As dit wel gebeur is dit omdat ek weg beweeg van die oorwinning, terug na die onsekere. Wie het dan gewen?

 

Hoekom is dit so maklik om in gebed van die Here goed te vra en aan te hou vra, maar tog so moeilik om dieselfde aan jou naaste te doen? Soms is die ou wat die grootste nood en behoefte het om gevra te word – wat is fout? – teen toe monde vas te loop wat geen vrae vra nie, want eersgenoemde sal mos praat as iets hom pla? Wat het het nou van die vrae geword?

My laaste vraag is – hoe kan iemand namens jou intree by die Here as hy nie weet waarvoor om te vra nie? Ek weet die Heilige Gees uiter namens ons ons versugtinge by die Here, maar as ek nie weet wie my vyand is nie, hoe kan ek tot God's troon nader en hom vra om te help? Ek wonder of dit nie die rede is hoekom so min gebede beantwoord word nie – die feit dat ons nie ons vyand ken nie en die Here vra om vir ons te stry? Het Hy nie in Luk 10 vir ons die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en mag oor die vyand nie?

Kom ons leer ons vyand ken… kry dan ons krag by die Here… en dan ipv om te vra direk in aanval in te gaan en te glo dat ons sal verkry wat ons gevra het!

015211
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
42
102
144
13267
1737
2019
15211

Your IP: 54.226.132.197
2017-12-18 04:59