background31

meaning name

Ek slaan my oë op na die berge:
Waar sal my hulp vandaan kom?
My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Die Here is my herder;
niks sal my ontbreek nie...

Tot U, o Here, hef ek my siel op.
My God, op U vertrou ek;
U verwag ek die hele dag.
Bewaar my siel en red my;
Want by U skuil ek.
U verwag ek die hele dag.

Ja, my siel is stil tot God,
Van Hom is my heil.
Wees net maar stil tot God, my siel,
Want van Hom is my verwagting.
My toevlug en my bergvesting,
My God op wie ek vertrou.

Ja, God is my heil,
Ek sal vertrou en nie vrees nie;
Want die HERE HERE is my krag en my psalm,
En Hy het my tot heil geword.

Want die Here is goed,
Sy goedertierenheid is tot in ewigheid,
En sy trou van geslag tot geslag.
Die Here sal dit vir my voleindig!
Heilig, heilig, heilig
is die Here van die leërskare.

014913
Today
Yesterday
This Week
Last Week
This Month
Last Month
All days
14
191
646
12655
1439
2019
14913

Your IP: 54.92.201.232
2017-12-16 01:35