Nou en More

Ek sal so bietjie wil gesels oor “nou en more”, met spesifieke betrekking tot ons blanke mense wat in Suid-Afrika woonagtig is. In die algemeen is daar ‘n geweldige dryf teen alles wat blank is en dit nie net in Suid-Afrika nie, maar regoor die wêreld, of moet ek eerder sê, regoor die westerse wêreld. Om ‘n blanke te wees in hierdie tyd is om uitgekryt te word as ‘n rassis en ek weet nie wat nog alles nie. Wat kommerwekkend is, is dat blankes ook teen blankes opstaan. ‘n Vreemde dinge hierdie?

In Suid-Afrika egter word ons beskou as die onderdrukkers, die diewe wat die swart mense se land gesteel het, die rassiste wat apartheid gedryf het, en alles in die land gebou het met die sweet en arbeid van die swart mense. Daarom het hulle dan ook die reg om alles terug te vat wat in die hande van die blankes is, want dit is gesteelde goed en gesteelde land.

Die algehele rasse haat wat tans bestaan teen die blankes in Suid-Afrika is duidelik sigbaar in die grusame moorde wat gepleeg word. Wat vir my verstommend is, is dat daar soveel blankes is wat dit nie glo nie, wat dink dat hulle nie geraak word deur die swart haat van die BLF en die EFF nie. Wat oor tyd egter baie duidelik begin word het is dat hierdie ouens wat die moorde pleeg nie stop en eers vra of jy ‘n boer is of nie, die feit dat jy ‘n witvel het is genoeg om al die haat en geweld tot uiting te bring. Die wreedheid wat met hierdie moorde gepaard gaan is in baie gevalle ondenkbaar. Die waarheid is egter dat die dinge gebeur en ons kan nie daarby verbykom nie.

Die blanke se probleem in suid-Afrika is egter heelwat groter as dit wat hier beskryf word in terme van moord en doodslag. Baie mense het nou al tot die gevolgtrekking gekom dat daar wel iets aan die gebeur is. Baie mense besef dat daar iets aan gedoen moet word, en dan is daar ook diegene wat oorsee gaan en mense gaan inlig oor wat aan die gang is, met die hoop dat ons hulp van buite sal ontvang aangesien die massas van swartes so oorweldigend is dat daar net geen manier in ons gedagtes is om hierdie mense te kan hanteer nie. Die gevolg hiervan is ‘n konstante stroom van immigrasie na ander lande toe. die blankes maak spore uit Suid Afrika uit, want nie een van ons het regtig lus vir baklei nie, of so wil dit voorkom in elk geval.

Daar is egter ‘n groot hoop van ons mense wat dit nie kan bekostig om uit die land te gaan nie, of nie bereid is om alles net so te los nie. Met die verandering van die grondwet om dit wettig te maak om mense sonder vergoeding te onteien, het ‘n hele groep nuwe mense begin agterkom dat die probleem groter is as wat hulle gedink het. Almal soek ‘n uitweg. sommige stel voor dat ons mense terugkeer na God toe, ander gaan soek hulp in die buiteland en ander verlaat die land.

Miskien is dit die moeite werd om na elkeen van hierdie sogenaamde oplossings te kyk en ‘n paar vrae daaroor te vra. Kom ons kyk eers na die land verlaat idee. Terwyl dit vir ‘n hele klompie mense moontlik is omdat hulle finansieël sterk genoeg is om dit te kan doen, is die oorgrote meerderheid van ons nie in die finansiële posisie om dit te kan doen nie. dit is ook so dat ander lande bereid is om “vlugteling status” aan ons mense toe te ken. Op die manier kan ons dan toegang tot ander lande kry. vir sommige mense sal dit sekerlik ‘n aanvaarbare opsie wees, vir my egter is dit nie so aanvaarbaar nie. Terwyl ek glad nie mal is oor die idee dat ons moet baklei nie, is ek bereid om te veg, maar net in volle oorlog situasie. Wat my pla is dat die geweldenaars nie oorlog gaan verklaar nie, en as gevolg van die huidige status van blankes in die wêreld kan ons dit nie waag om self oorlog te verklaar teen die geweldenaars nie. Dit sal ons in ‘n geweldige problematiese posisie plaas in die wêreld. Onder sulke omstandigehede sal die blankes dan beskou word as die aggressiewe groep en die voorafgaande geskiedenis sal geen inmpak maak nie. Dit sal die hele wêreld weereens teen ons draai soos in die apartheidsjare en dan het ons meer as net die swartmag om mee rekening te hou. Ek glo dat die swartmag wat hierdie dinge aanblaas dit baie goed weet, daarom sal hulle nie duidelik oorlog verklaar nie, hulle sal eerder voortgaan met moordpleeg, en ons sal voortgaan met kla en kerm daaroor, sonder dat daar werklik iets daaraan gedoen word. Maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, op die ou end wen hulle polities.

So kortom, as ons land verlaat, dan kry hulle wat hulle wil hê, as ons oorlog verklaar, dan verloor ons die simpatie en empatie van die wêreld, en sal die meeste mense in die weste weer teen ons draai, soos voorheen. Sodoende veg ons dan teen ‘n groter mag en kan hulle ons in elk geval uitwis. As ons niks doen nie, en net kla oor die huidige status, waarin ons mense vermoor word, wen ons simpatie, maar dis al. Intussen gaan hulle voort met die moorde en kry die geweldenaars in elke geval wat hulle wil hê. Mense mag dalk dink dat ek oor negatief is in my ontleding van die situasie, maar let mooi op wat werklik in die ander lande aan die gebeur is, veral die lande wat ons hoop om van hulp te ontvang. miskien dan sal jy besef dat hierdie ontleding baie meer realisties is as wat jy wil erken.

Land verlaat is slegs maar ‘n opsie as jy geld het om dit te doen, maar ek moet erken, met dit wat ek sien gebeur in ander lande, sal ek tweekeer dink voor ek dit doen. Daar is geen westerse land meer veilig in die wêreld nie, party is veiliger as ander, dit is waar, maar geen een van daardie lande is regtig meer veilig nie, wat die multikulturele samelewings wat op al die westerse nasies afgedwing is, het veroorsaak dat soveel volksvreemde invloede in die lande ingesypel het, dat al die westerse lande nou met groot probleme sit. Dit is ook een van die redes hoekom ons baie moeilik werklike fisiese hulp van hierdie lande sal kry. Ja, ons sal baie simpatie kry, die mense sal hartseer wees oor wat gebeur, maar regtige hulp, ek sien dit nie gebeur nie. hoe vinniger ons besef dat ons op ons eie is, hoe vinniger kan ons beplan daarvolgens.

Elke jaar rondom geloftedag spring hierdie groot gedagte op – Ons moet terugkeer na God toe! Dit is ons enigste hoop en redding. Bloedrivier was groot, maar God sal vir ons geslag ‘n nuwe verbond gee wat baie groter is as dit. Dit in elk geval is die heersende idee wat die rondte doen regdeur die jaar, maar meestal rondom Geloftedag. Ek glo dat dit absoluut waar is, dat as ons werklik tot onse God bekeer, dan sal hy dit doen. Dit is egter ook hier waar ons grootste probleem lê. Wie is ons God na wie toe ons moet terugkeer? Terwyl daar onder die ouer garde wel baie mense is wat nog weet wie ons God is, is daar onder ons jonges ‘n totale wanbeeld wat geskep is deur polities korrekte godsdiens van kerk en samelewing. Ons mense is baie godsdienstig, maar as ek kru kan wees, die oorgrote meerderheid het geen idee wie ons God werklik is nie.

Na watter God toe moet ons terugkeer? Die God van die Rooms Katolieke Kerk? Die God van die 3 susterskerke? Die God van die pinksterkerke? Watter een? Nie een van hulle is dieselfde nie. Die geloofsbeleidenis van elkeen verskil, almal sê hulle gebruik dieselfde bybel en tog hoe is dit moontlik dat ons kinders so min weet van wat in die woord van God staan? Hoekom weet so min van ons grootmense deesdae van wat werklik in die woord van God geskryf staan?Hoekom aanvaar ons net sekere gedeeltes van die bybel, maar nie die hele bybel? Ek spandeer baie tyd om met kinders te gesels oor die dinge en die vlak van kennis onder daardie kinders ten opsigte van die woord van God is skokkend. Weet ons werklik wie ons God is?

Nou gaan dit sleg met ons want ons het ons God vergeet, wat dink jy gaan more met ons gebeur?